Blare wat mors

Hoekom is daar altyd mense wat kla as blare mors? Ek het nou al probeer om sulke mense te klassifiseer. Dis opvallend dat hulle meestal perfeksioniste is. Verder sorteer hulle onder die ouderdom vyftig plus, want hulle het grootgeword in ‘n tydperk waar daar nie veel notisie geneem is van die natuur se invloed op die omgewing nie.

Dis ook die tipe persoon wat maklik die spuitbottel nadertrek en al wat ‘n bewegende nie-menslike skepsel is, verdelg met ‘n nare wolk gaggagif.Ek veralgemeen ‘n bietjie, maar maak nogal so ‘n waarneming.

My skoonouers woon in ‘n aftree-oord en daar is alewig hewige rusies oor morsende bome. Gewoonlik is dit die arme bome wat in die slag bly. Ek kan nie glo, dat ‘n mens op daardie ouderdom nog wil kerm oor so-iets en dan ‘n boom wat soveel jare neem om te groei, se lewe wil kortknip, sodat jy jou laaste jare “blaarvry” kan lewe! Selfsugtig se moses!

In ons plaaslike koerant is daar gedurig briewe van morpotte wat die stadsraad uitskel oor sypaadjiebome wat pla.Party het selfs die vermetelheid om self die bome af te kap, al is dit nie hul eiendom nie!Hier om die hoek staan die stomp van ‘n boom wat verlede jaar wederregtelik sy lewe verloor het.

Ek sal seker nooit sulke mentaliteit verstaan nie!

Advertisements

3 thoughts on “Blare wat mors”

  1. i dont get it either …..how do you get so far removed from the reality of nature that you can not even tolerate plantlife?…..the very foundation stone of the ecosytem…….very strange.

    Like

  2. Ek is geen groot tuinier nie en het al ‘n boom of twee so 2 cm bo die grond afgesny on die vrag blare in die grootste tuinstraf (SWEMBAD) te verminder.Maar ek het darem ook ‘n immergroen Karob geplant.OOm wat ek ken het so ‘n blaarblase gekoop na hy die laaste boom in sy tuin uitgeroei het. Hy blas nou die bure se verdwaalde blare terug in hul tuine.

    Like

  3. Haha,dit verskaf hom seker baie plesier om met die masjientjie te speel!Sjoe jy het vêr teruggelees op my blogs.Ek het al vergeet van hierdie pos.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s