Burokrasie, die mens se grrrrootste PYN

Hoeveel keer moet ek nog my vervalde motorlisensie hernu? Hoeveel keer moet ek weer gaan vir oogtoetse vir ‘n nuwe bestuurslisensie? Hoeveel keer moet ek belastingvorms invul? Hoeveel keer moet ek wéér my bankbesonderhede gaan Fika?

Al hierdie goed is elke jaar se storie, behalwe die bestuurslisensie…vyf jaar is egter ook TE GOU verby! Hierdie takies is die ergste dorings in Jan Alleman se vlees.

Behalwe dat dit ‘n permanente gat in my beursie laat, is dit lang rye wat getrotseer moet word, vieslik-ingewikkelde vorms wat mens moet invul (nogal in Ingels ook)…ek weet nie hoe voel iemand wat nie baie geletterd is nie! My nek gaan sommer in ‘n spasma in en ‘n soort angssweet tap onder my arms af, terwyl my wange bloedrooi bot soos ‘n ontploffing in ‘n kleurstoffabriek!

Natuurlik moet jy nie ‘n oog knip of reageer, wanneer een of ander geïrriteerde omie in die ry, rassistiese kommentaar lewer oor die diens nie.Ek skaam my gewoonlik dood, want die stem is dan nog so kliphard ook. Het hulle al vergeet dat die vorige staatsdiens maar net so vrot was?

 Burokrasie is maar wêreldwyd ‘n pyn wat nie wil weggaan nie. Ek onthou toe ek begin skoolhou het, kry ek my eerste salaris..KLEINGELD! Daarby ‘n formele brief, wat aandui dat ek geen kwalifikasies het nie en slegs vir drie maande mag werk. Wat het dan nou geword van al my met moeite-gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, diplomas, sertifikate, getuigskrifte en al  die ander pampiere? Woedend en in my eer gekrenk, storm ek vol bravade daai onderwysdepartementsgebou in Pretoria.

Dit het alles niks gehelp nie. Ek was die goddelike dag daar, van bakboord na stuurboord gestuur. Dan is dit vloer een, kamer vyf, dan vloer sewe kamer drie, vloer agt kamer twee..nee ons gaan nou op “lunch”, kom oor ‘n uur terug! En die amptenare is suur, asynsuur en behandel my soos ‘n infantiel! Alles darem naderhand uitgesorteer is ek poegaai huistoe.

Raai wat? Volgende salaristjek, selle ou storie! Plus die volgende ses maande. Na baie gesukkel is die sakie opgelos en kom my eerste stel dokumente iewers te voorskyn! Wonder nou nog watter ou se stêre het my pampiere warm gehou.

Ek het nou al geleer, as jy enigsins met ‘n staatsdiensinstansie, bank of munisipaliteit “besigheid” moet doen, neem alles saam..ID, paspoort, kredietkaarte, foon- en klererekening, munisipalerekening, geboortesertifikaat, doopsertifikaat en les bes, jou tandheelkundige afdrukke en DNA! 

Advertisements

One thought on “Burokrasie, die mens se grrrrootste PYN”

  1. Dis nog ‘n ding..die ewige “copies”. Ek moes al by ons polisiekantoor buite op die sypaadjie ‘n afskrif laat maak teen twee Rand. Die masjien was toe onder ‘n swart sak en met ‘n helse lang koord ingeprop by ‘n huis..gelyk soos personeelhuis vd polisiestasie!Iemand “score” uit die staat se onvermoee om fotostaatmasjiene ens.vir die publiek se gerief daar te stel.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s