Blaffende honde

My bure oorkant die straat het SES worshonde. Soggens sewe-uur as die man by die hek uitry, begin hulle te blaf en blaf en blaf! Ek wil al my polse sny, maar ek besef die brakkies is alleen en verveeld en dis niemand se skuld nie. Die eienaar kan tog ook nie daarvoor help nie! Saans net na sononder is hulle stil en dan begin die boerboel in die erf agter ons .

Hy blaf so “woef!” stillllte..”woef!” stilllte….die heelnag deur. Ek het al oor die muur geloer, want party dae blaf hy ook so. Dan praat ek mooi met hom en ek kan sien dat hy vrek van eensaamheid en ‘n gebrek aan aandag en liefde. As dit ‘n maanligaand is, ween die arme skepsel. Ek weet nie of dié bure waks in hul ore het nie, want duidelik hoor hulle nie die arme dier se maanligsmekinge nie. 

Hoekom hou mense honde aan as hulle nie hierdie wonderlike skepsels deel kan maak van hul huishouding nie? Ek het nog nooit geglo in ‘n agterplaasbrak, wat net aandag kry wanneer sy kos en water terloops uitgedeel word nie! 

6 Replies to “Blaffende honde”

  1. Ek het ‘n vriend wat ‘n bobaas kettieskieter is. Die honde in sy omgewing hou hom net een aand uit die slaap en nooit weer nie. Hulle loop partymaal vir ‘n rukkie met ‘n knop op die voorkop of ‘n gebreekte tand, maar daar’s vrede in die buurt.

    Like

  2. Netnou het hier ‘n vrou voor my deur gestop en kom vra waar blaf die hond so, want sy en haar kinders gaan van hul koppe af. Sy bly agter hierdie worshonde en sy is nou op die oorlogspad..gaan die eienaar vanaand sien. Hopelik is daar uitweg

    Like

  3. Dit klink interessant. Ek sal bietjie uitkyk daarvoor. Die worshond was vandag stil. Ek dink daai kwaai vrou wat gister hier was, het die eienaar se kop gaan was. Hoop dit bly so!

    Like

  4. Ek weet julle het drie honde-kinders so ek sal met respek sê… ek laaik nie honde in stede nie!! Ons bly in ‘n “estate”… die huisies is bo op mekaar… en die bure se honde blaf as ek my agterdeur oop maak. Ek kan nie in vrede braai nie… dis ‘n blerrie lawaai van begin na einde. Ek weet nie wie se honde is meer ieriteerend nie… die ou basstemme of die gekef van die skoot-sitters nie!?
    En oooo toggie… die honne wat hulle dinge op die strand doen en die eineaars los die dinge net daar!! Ek gaan eendag ‘n “scanner” ontwerp wat die boetes direk stuur aan hulle adresse toe!! (Ek werk op die oomblik aan ‘n kortverhaal oor die tema!) 😉

    Like

    1. Ek stem heelhartig met jou saam!Ek is baie streng met my honde.Hulle kef wel, maar ek spring in met ‘n vadoek en gee hulle ‘n raps op die boud…dis nou wanneer hulle onnodig blaf.Andersins is hulle ‘n goeie alarm en het sl tot my redding gekom.Daardie poefies is ‘n ander ding!Ek loop met ‘n sakkie en tel maar op as ons gaan stap.Ongelukkig gee ongedissiplineerde eienaars hul honde ‘n slegte naam!

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s