Die oopmaak van ‘n kas

Snaaks hoe die oopmaak van ‘n kas skielik herinneringe oproep. Ek was nou net in die garage om iets daar in die kas te bêre, toe kom ek af op my honde se handdoeke, nekbandjies en jassies. Ek is sommer van vooraf in snot en trane, want altwee my diere is die laaste jaar die ewigheid in.

Die ou grote is nou presies ‘n jaar gelede dood en ons Jack Russel al amper vier maande. Ek kan nie glo dat ek hulle so mis nie. As ons van iewers af tuiskom, gaan ek onwillekeurig buitentoe om te sien of my pienktonge daar is.Hulle waterbakke is ook nog in die kas, maar ek het dit al ‘n paar keer gebruik as my kinders se honde kom kuier!

Ek het nou nog nie die ou kleintjie se bedjie en kombersies gebêre nie. Dit lê nog net so in die waskamer,waar ek alles gewas het kort na sy dood. Ek weet nie wat dit is wat in my se psige aangaan nie, maar dis asof dit só finaal gaan wees as ek dit  wegmaak.

Toe ek nou-nou die kas oopmaak, slaan die effe muwwerige geur van die hondegoedjies in my neus op, en waar dit voorheen vir my sou stink, voel ek nou asof die tweetjies net ‘n vlietende oomblik weer by my was!

Ag ou Otto en Rassie, ek mis julle só!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s