Naais, naaiser, naaisest

Ek wil graag keelskoonmaak oor hierdie naais woordjie wat die mooi Afrikaanse woorde, “lekker,oulike,gawe” heeltemal verdring en verstoot tot argaïese woorde in ‘n woordeboek.

Donderdagaand kyk ek na “Boer soek ‘n vrou”.(Terloops, wat ‘n pot snot!)Die mense se woordeskat is uiters beperk en al wat jy hoor is hoe naais die ou en daardie ou is. Ag, en die couples pas so naais by mekaar. Ai, alles is tog soooo beautiful en naais en dit was so cool en awesome, tog te naais!

Dis slegs ‘n enkele voorbeeld van die gemors wat deesdae as Afrikaans opgedis word.Ek sien hier op die blogs is dit ook baie naais en gewild om sulke gebrekkige, beperkte woordeskat te gebruik.

 Wanneer ‘n mens skryf, is dit baie makliker om die regte woord te soek, want jy het tyd om te dink.Met praat is dit soms moeiliker, want in ons Engelsoorheersde gemeenskap, dink ‘n mens dikwels in twee tale en raak soms verstrengel.Dit gebeur met my ook, maar goeie hemel, van wanneer af is “beautiful” ‘n makliker woord om te sê as “pragtig” of “mooi”?

Hoogere Ingelse hou ook nie van die common woordjie, “naais”, nie.Dus verstaan ek nie hoekom ons, onsself en ons taal so verneder om met die Engelse se commonste woord te ploeg nie!

Ai, dit was nou naais om op my eie common manier hierdie beauuuutiful stukkie oor my naaiste favourite woordjie te skryf. Dis darem vrek cool, hoor

Advertisements

4 thoughts on “Naais, naaiser, naaisest”

  1. Dis nou ‘n naais pos die, onder die naaistes van die dag sonder enige uitlokking vir ‘n faait soos ‘n paar ander. Wag ek stem op ‘n mooi manier saam met jou siening.

    Like

  2. Thanx Newsferret! Ek soek okkie ‘n faait nie.Faaits is nie naais, cool goeters nie!Dis helemaal te degrading vir ‘n beauuutiful perdebytjie soos ek!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s