Ek wonder nou al lank hieroor. Wanneer ek alleen voel, kom kuier ek hier. Ek hoef nie alleen te wees nie, maar as daar geen sinvolle gesprekke met ander mense kan plaasvind nie, is ek hier!
Hier val niemand my in die rede nie. Hier moet ek luister na ‘n ander ou, sonder dat ek my eie storie sit en uitdink,terwyl ek met glasoge na die verteller staar!Hoeveel van ons beleef dit nie daagliks in ‘n geselskap nie? Mense is nie regtig meer geïnteresseerd in wat ‘n ander te sê het nie.As jou opinie hemelwyd van iemand s’n verskil, is die kanse op ‘n bekgeveg en doodskreeuery ook groot.
Hier kan ek my mening lug en almal kan verby of ‘n paar stekelrige aanmerkings maak, wat ek nie persoonlik opneem nie.Ek word gedwing om ander se griffels te lees en daaroor te dink. Geskrifte gee ‘n mens ‘n baie regverdiger kans om jou eie opinie te vorm. Gladdebekke en mense wat op hul voete kan dink, kry altyd die oorhand in ‘n gesprek.
Hier is die speelveld gelyk en die stadige perdebye onder ons kan ons tyd neem om stekies uit te deel!
Dit is presies hoe ek voel!
LikeLike
Dankie vir die inloer.
LikeLike
Hoekie vir eensames? Mmmm nee.
LikeLike
Dalk hoekie vir peinsers?
LikeLike
eerder “ontvlugting”!
LikeLike
Skies ek lewer nou eers kommentaar maar het nou die dag eers jou blog opgetel en begin lees. Nou lees ek bietjie terug om op te vang oor die mens agter die blog. Ek blog meesal oor goed wat ek raad wil he, of oor goed wat saak maak en graag ander se mening wil hoor en ja ek stem met jou saam, dit is soos om bepeinsing te doen. Ek leer so baie. Daar is regtig interessante mense en belangstellings.
LikeLike
Ek is regtig bly jy het ingeloer!Ek geniet die blogs,want ek probeer my heeltyd voorstel hoe lyk hierdie mens bokant die sleutelbord.Dis soos om ‘n geskenkpakkie met baie lae papier oop te draai!
LikeLike