Die Wildeperde van die Namib

Op ons onlangse toer deur die suide van Namibië het ons aangedoen by die Wildeperde van Garub.Die oorsprong van hierdie perde is gehul in ‘n waas van mistiek.

Naby die piepklein dorpie,Aus (oppad na Lüderitz) is ‘n fontein,wat deur transportryers en soldate gebruik is.Volgens oorlewering was daar tydens die Eerste Wêreldoorlog ‘n lugaanval gedoen op soldate wat daar uitgespan het. In die daaropvolgende chaos het die perde losgebreek en die woestyn ingehardloop.Die oorlewendes het aangepas en oor dit diamantspergebied was, het min mense geweet van hierdie perde wat wild geword het.

Een bewering (die heel waarskynlikste)is dat ‘n Duitser met ‘n plaas vol ingevoerde stoetperde, in die Eerste Wêreldoorlog deur die Uniemagte geïnterneer is.Die perde is aan hul eie lot oorgelaat en die sterkstes het aangepas en oorleef.

Vandag is daar by die einste drinkplek ‘n pragtige skuiling met bankies,waar ‘n mens die perde kan dophou.Hulle is nie altyd daar nie,maar ons het op ‘n snikhete laatmiddag daar aangekom.Die hele vlakte was vol perde in aantog.By die drinkplek was reeds ‘n klompie,asook ‘n gemsbok wat rustig saam gesuip het aan die koel lafenis.

So ver soos die oog kon sien,het groepies perde stadig agtermekaar nader gestap,blykbaar om energie te spaar.Naby die water het hulle losgetrek in ‘n galop en mens kon net hoewe hoor dreun oor die dor aarde.

Die hingste het elkeen ‘n groepie merries en vulletjies gehad en met aankoms by die water was dit ‘n skouspel van hingste wat mekaar byt,agtertoe opskop,runnik en gebied afbaken deur te mis.Party het selfs in die water gaan lê.Een het die water geskommel en geroer met kappende hoewe.Die interaksie was ongelooflik.Hingste het die merries en vullens eerste laat drink en wanneer ‘n groepie klaar was,het hulle plek gemaak vir die volgende klomp en weer oor die vlakte in die lugspieëling verdwyn!

Dit was ‘n wonderlike skouspel en ek plaas ‘n paar foto’s op my volgende pos.

Advertisements

8 thoughts on “Die Wildeperde van die Namib”

  1. Wou die foto’s by hierdie pos insit,maar kon dit nie regkry nie!Amper alles per ongeluk gedelete!Ek moes alreeds alles weer oordoen,na vorige mislukte poging!

    Like

  2. Moes nou eers deur ons albums blaai. In 2003 was ons op ‘n ‘Hotel-op-Wiele’ toer deur Namibie en was gelukkig om ook die wilde perde tydens ‘n bus-ekskursie waar te neem. ‘n Onlangse pos, ‘Bloublasies’ het ook na daardie streek verwys.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s