Kletskouse

Ek was gister hoogs geïrriteerd,want twee kletskouse het amper my senuwees geknak.Ek is seker almal van ons ken sulke mense of is dalk self een!

Ek het al agter winkelrakke weggekruip,wanneer ek sommige mense sien aankom.By my oefenklas is ‘n vrou,met wie ek liewers nie eers oogkontak moet maak nie,want sy pen my vas en dan voel dit of ek voor ‘n vuurpeleton beland het,soos sy my skiet met die woorde.

Dan is daar die een wat in my spasie kom en naderhand is ek teen ‘n muur gedruk soos ek agteruit tree om van die spoegreën te ontsnap.

Ek haat dit om op ‘n foon te sit en klets en dit laat sommer my ore hang wanneer party mense bel.Soms sit ek met die foon armlengte van my oor af en sê so nou en dan “ja” en hoop dis op die regte plekke!Eintlik hoef ‘n mens nie daaroor bekommerd te wees nie,want die standaard kletskous kom dit nie eers agter nie!

Die ergste kletskous is die een wat onophoudelik vertel van sy of haar wonderlike kinders,wat so voortreflik en suksesvol is en na jare nog nie eers weet wat jóú kinders se name is nie.Dis dan gewoonlik ook diegene wat vertel van hul nuutste aanbouings,vier-by-vier en volgende oorsese trippie,asof dit standaardpraktyk is.

Sekerlik die irriterendste persoon,is die een wat ‘n hele geselskap oorneem en later sit almal met sulke glasige oë voor hulle en uitstaar.Ek het al geleer om heeltemal af te skakel en nog steeds na die persoon te kyk en te lyk of ek vreeslik aandagtig luister.Intussen verkeer ek op ‘n ander planeet!

Ek hoop nie ek het nou met my geklets op iemand se tone getrap nie!  

Advertisements

17 thoughts on “Kletskouse”

  1. ek is extra moeg na so ‘n sessie met ‘n kletskous…….. skoonma val in daardie kategorie…. ek bak gelukkig baie so ek plan my baksessies wanneer sy gewoonlik daar is dan skakel ek my af en mhmmm en ja (hoopelik) op die regte tye….HUGS

    Like

  2. Hehehe!Dis ‘n spesiale talent..die goeters aan mense verkoop.Jy kan maar ‘n kletskous wees,solank jy net ander mense ook ‘n kans gee om te praat en nie te staan en dink aan jou eie volgende storie nie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s