Amperse kaping!

Ek en manlief sit rustig vanmiddag in ‘n oulike koffiewinkel.Ons skuif nog so reg om ‘n interessante gesprek waarmee ons in die kar begin het,voort te sit.

Asof van nêrens verskyn hierdie omie (ons ken hom maar net van sien en soms ‘n woordjie wissel) en syg op die derde stoel aan ons tafeltjie neer!Hy trek los en vertel ons vir tien minute lank van nege begrafnisse wat hy die afgelope week bygewoon het.Elke storie is gruweliker as die vorige een..selfmoord,moord,’n boom wat iemand doodgeval het ens.

Ek sit naderhand my donkerbril op sodat die oom nie kan sien my oë en gedagtes dwaal nie.Die kelnerin probeer vergeef ons bestelling neem en ek skop betekenisvol vir manlief onder die tafel..skrik my yskoud,want ek dag ek skop die oubaas raak!Gelukkig toe nie!

Tussenin vra die oom nog of ons weet van dié winkel wat een oorledene s’n was, en daai plek waar ‘n ander een gebly het.Manlief maak asof hy presies weet wie,wat en waar,anders word daar nog draaie in die storie gegooi en dan raak die oompie heeltemal die draad kwyt en sit hy dalk nog langer.

Die kelnerin kry naderhand tussen twee asemteue wel ‘n gaping,maar oompie vervat sy storie presies op die regte plek ,toe sy weer loop!Gelukkig bestel hy niks nie,want teen dié tyd,dag ons albei,ons middagete is gekaap! 

Net toe ek moedeloos wil raak,verkas hy weer met groot fanfare.Tussen ek en manlief het ons presies vier woorde ingekry.Die ou kletskous het seker agterna gedink dat hy darem baie lekker gekuier het!

Party mense darem!

Advertisements

4 thoughts on “Amperse kaping!”

  1. Jis, ek het my Saterdagoggend net so vervies vir ‘n vrou wat ons tafel op die sypaadjie gekaap het! Ons eet toe al te lekker toe sy verbystap, ons sien, en kom aansit – sy het nie eers geld vir koffie nie, se sy! Ek ken haar te goed en het dit net geignoreer – some people!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s