Die verlede verskyn soms onverwags

Gister het ek vir myself ‘n present gekoop.In die plaaslike musiekwinkel, het ek vir meer as ‘n uur lank deur die voorraad musiekboeke van die klassieke meesters geblaai.Met die oog lees ek die note en probeer dit in my kop sing.So kom ek toe af op ‘n paar werke wat ek nog nooit gehoor het nie en natuurlik koop ek dit.

Dit was maar net drie “dun” albumpies,maar ek was so opgewonde soos ‘n kind.Ek het weer die kleintydgevoel gekry,as my pa vir my ‘n musiekboekie huistoe bring.Ek kon nie wag om die kraaknuwe boek oop te vryf en stadig die note te probeer speel nie.My pa het my vreeslik aangemoedig met my musiek,en ek onthou nog die dae toe hy my na “Harry Lucas Piano Saloon” in Pretoria geneem het.Dit was iewers in ‘n deurloop naby Kerkplein en omtrent die enigste musiekwinkel in die Suidelike halfrond!(altans so het ek gedink)

Gewoonlik is ons met ope arms verwelkom en ‘n sekere Mrs.Price (ek is seker dit was haar naam..seker lankal oorlede) het altyd oor haar voete geval om ons te help.Dan het ek so skaam-spesiaal gevoel.Ek was maar ‘n dogtertjie met baie min selfvertroue en vreeslik skaam oor my pa se Hollandse aksent!Siestog,hy was altyd so dierbaar en dan was ek heimlik ineengekrimp!Kan mens so simpel wees?Hierdie uitstappies saam met hom,was altyd so lekker en na die tyd het ons in so ‘n lang kafee daar naby,melkskommel gaan drink en wafels geëet.Dit was net ‘n pa- en dogteroggend…

Nietemin,al hierdie herinneringe is oopgevlek,terwyl ek deur my nuwe stukke speel.Daar is soveel verborge gedagtes wat weer boontoe gedruk is..angstigheid wanneer ek voor mense moes speel,minderwaardigheid teenoor my tydgenote wat altyd op die kunswedstryde soos professionele pianiste geklink het en my soos ‘n sukkelaar laat voel het.Ek weet dit was net my eie skuld,maar in so ‘n kunstenaars milieu was daar altyd onderliggende jaloesie en wedywering.

Gelukkig is ek vandag daarvan verlos en maak ek vir myself en die voëls musiek.Dis so lekker om my nuwe stukke te oefen en dit laat my so wens Pa was hier om te hoor dat ek my bevangenheid ontgroei het.Ek sou hom sitmaak op die bank met ‘n koppie koffie en ‘n uur lank sonder ophou vir hom gespeel het.

My Hollandse Pa sou so trots op my gewees het!

Advertisements

21 thoughts on “Die verlede verskyn soms onverwags”

  1. Ai hoe lekker. As student het ek ook in daai winkel rondgedwaal met die smagting om dit ook te kan doen. Wonderlike plek!*Fluister* Ek weet ook vir die skaam vir die Hollandse aksent!

    Like

  2. Ek onthou Harry Lucas. Ek het my eerste unieke bluegrass mandolien boek met ‘n plastiek plaatjie daar gekoop. Dit was die heerlikste dag. Ek het hom nou nog, top boek. Voorspoed!

    Like

  3. Ek bewonder julle musikales. Ek was mal oor teorie, maar kon op die einde na ‘n jaar se lesse nie veel note speel nie. Gelukkig maak my kinders op daarvoor, hul het hul pa se gene gekry.

    Like

  4. Ek het altyd vir my pa gespeel – sommer uit die FAK uit, dan het ons heerlik saamgesing. Hy het sommer op die lang klavierbankie langs my gesit….ek tjank sommer! Ek onthou nou spesifiek: Hoe sag gly ons bootjie… was nog op skool toe..

    Like

  5. Het nog steeds stapels boeke met die winkel se stempel op.Elkeen vertel ‘n storie.Elke juffrou en dosent by wie ek les gehad het,se skryfsels is daarin.Dis soos ‘n terugtog die verlede in as ek deur die musiek blaai!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s