Die wit duif

Gister sit ek en manlief in die middel van nêrens op ‘n kampplek in die pragtige Spitskoppe in Namibië.Rondom en bokant ons troon reuse kranse en stapelrotse uit.Die omgewing slaan mens se asem weg en ons klein ou tentjie lyk soos ‘n spikkel teen die massiewe rots waar ons kampeer.

Binne ‘n halfuur maak om en by twintig voëlspesies ‘n draai net daar by ons.Ons sit soos konings op ons slaprugkampstoele en uitkyk teen die mooiste berghang.Bo in die blou lug duik en draai twee Witkruisarende en honderde Swaeltjies.Die skel geskree van Rooiwangparkiete laat ons ons nekke byna afruk.Hierdie pragtige gekleurde klein papegaaitjies kom slegs in Namibië voor en hier in die rotsskeure van die berg,is ideale nesmaakplek.

Groepies Bleekvlerkspreeus kom maak ook ‘n draai om te sien of ons ‘n paar koskrummeltjies laat val het.’n Klein Streepkoppie wip op die grond rond en kom so naby,dat ek die strepies op sy kop kan tel!Dan is daar natuurlik die parmantige Bergwagter wat van rots tot rots wip en soms in ‘n skermutseling met die spreeus betrokke raak.

‘n Regte nar daag intussen ook op en hou sy kop met die reuse snawel skuins.Hy loer koketterig na ons deur lang begeerlike wimpers en wip soos ‘n bonsende bal op en af.Monteirose Neushoringvoël kom ook net in die sentraal-noordelike streke van Suider-Afrika voor.

Skielik is daar ‘n gefladder en ‘n spierwit duif daal by ons neer. Hy het ‘n slegte seerplek aan sy nek en hardloop al agter my aan toe ek vir hom water in ‘n bakkie gooi.Hy suig sulke diep teue en na ‘n klompie van ons ontbytbroodkrummels,lyk dit of hy beter voel.Die ander voëls is nogal skrikkerig vir hom en soos die son styg en die hitte toeslaan,gaan sit hy onder ons voertuig en kroes lyk.

Later toe ons tent afslaan en ry,moet ek hom versigtig onder die voertuig uitjaag. Ek kry hom so jammer,maar vang is min.Hy bly net so ‘n kort koppie voor my grypende hande.Daar gaan ons toe en met ‘n seer hart,weet ek hierdie koning van vlieg,gaan binnekort deur die konings van die lug geskraap word!

Die lewe is darem wreed!

Advertisements

7 thoughts on “Die wit duif”

  1. Die arme duif het moontlik van Usakos af gekom,want dis die naaste dorp aan die Spitskoppe.Sy pootjie was nie gering nie.Teen die tyd het die witkruisarende hom seker al uit sy ellende verlos.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s