Brandberg

Hierdie ongelooflike fassinerende berg lê soos ‘n reuse grys klip in ‘n baie dor Namibiese landskap.Dis ‘n berg wat heeltemal los staan van ander berge in die omgewing en van ver af lyk dit ontsettend ongenaakbaar.

Noord van die Brandberg lê rant op skurwe rant en reusagtige berge toegevou in ‘n warm wasigheid.

Wanneer ‘n mens die Brandberg binnestap,is dit met stomme verbasing..dit is ‘n hele ekosisteem op sy eie en na vanjaar se baie reën is daar selfs spruitjies en hoë riete en biesies.Dit lyk soos ‘n bosveldparadys!

‘n Mens stap amper ‘n uur saam met ‘n gids om na die beroemde “White Lady” rotstekening te gaan kyk.Dis ‘n argeologiese bewaringsgebied en niemand word toegelaat sonder ‘n gids nie.Oppad speel die volgende tonele af.. 

‘n Wandelpad vol verrassings..

‘n Witgatboom staan teen die blouselblou lug..

‘n Klip wat soos ‘n bobbejaan se kop lyk..

‘n Dassie in die vroegoggend son..

Die berg se mooiste geheim wag..tot volgende keer!

Advertisements

43 thoughts on “Brandberg”

  1. die een keer wat ek daar was , was dit met geskeurde ligament en kon ek nie die geheim van volgende blog gaan bekyk nie

    Like

  2. Dan het jy seker ook deel van jou fiksheid op Duin Sewe gedoen?Rooikop is mos net daar by Walvisbaai se lughawe.Af en toe skiet hulle skote daar,dat die lughawe so skud!

    Like

  3. Voorwaar,dis hoekom ek my hart in Namibie verloor het.Ons gaan gereeld soontoe en het omtrent al elke pad gery.Dis my tweede land!

    Like

  4. Pragtig! Aan die weervoorspellings lyk dit of Namibie meer reen kry as die Boesmanland. Die Richtersveld het ook verrassings – poele koue water omsoom met lelies in die andersins droe,warm landskap.

    Like

  5. Dis ‘n plek waar ek ook graag wil uitkom.Klink of julle ook baie reis.Dis die voordeel van afgetree wees en gesond wees!

    Like

  6. was in 76 op rooikop, d eskadron en was menige kere met die doggies, tiffies en kanondonkies op saterdagaande in gevegte betrokke. jan tenk het ons verskree as fokken arabs en sondae na kerk in walvis het duin 7 vir ons gewag. gereeld het ons van swartkoppies teruggestap en kuiseb se bossies is vol bosluiskoors. die enigste ding wat ek nie eet nie is sandmossel – het op die vir 7 dae oorleef. those were the days!!!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s