Pandemonium

Gisteraand was daar al gerugte van ‘n skelm gedierte hier in ons woonbuurt.Gedagtig aan tokkelossies en allerhande bygelowe, het skeptiese ekke maar net gewonder of iemand nie sy ou sokkies gerook het nie!

Vanoggend sê die hekwag vir my, dat hy Kees se kind in ons straat gesien het.Later sien ek hoe ons buurtwagmotor op en af ry..sonder sukses.Buite in die straat is al die tuinmanne besig om blare te hark,sypaadjies netjies te maak en aan die oor en weer gepratery oor ‘n vyfhonderd meter afstand,kan mens hoor hier is groot opgewondenheid!

Ek hang ook daar rond en probeer agter die kap van die byl kom.Dit lag en gesels en beduie en dis so ‘n lekkerte dat ons almal saamgesnoer is deur so ‘n stuk sensasie.Ek het laas so gevoel by die stembus in 1994!Elkeen beduie..een dink dis die apie met die Pampersdoeke,wat hier onder in die straat as troeteldier aangehou word.Nog een wys hoe hoog kees is..en dis skrikwekkend!My huishulp vra vir my of dit daardie diere is wat mense namaak(sjimpansees)en ek pluk my wildtuin diereboek uit om vir haar ‘n prentjie te wys.

Intussen het ek my kamera gereed om my nek..net ingeval!Lang storie kort,tuinman gil vir my Ta is op ons dak.Ek is net betyds om sy lang grys sekelstert te sien,toe is hy weer vort.Huishulp gil hy sit agter op ons houtheining vir haar en kyk!Weer is ek te laat en Adoons verdwyn soos ‘n groot speld.Ons hang oor die bure se mure en almal praat gelyk.Orals is natuurlik net huishulpe en tuiniers.Ek is die enigste wit gesiggie,maar ons is saamgebind in die oomblik!

Die geheimsinnige besoeker is nog steeds soek en diep in my hart hoop ek dat hy nie ‘n tragiese einde tegemoet gaan loop nie!

Ek het lanklaas ‘n oggend so geniet!

Advertisements

21 thoughts on “Pandemonium”

  1. Die hele storie was nou net op Radio 702 en blykbaar is dit ‘n bobbejaan wat gevange gehou is by ‘n grend huis hier iewers.Hyt glo al ‘n ruk gelede ontsnap en lank op die gholfbaan gebly.Nou het hy hierheen uitgewyk.

    Like

  2. Bobbejane se slagtande is genoeg om my nagmerries te gee. Hier by ons is die ape nogal kalm, maar hulle, ek dink die mannetjieverkenner of Alpha-mannetjie, het al hondjies aangeval.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s