Die Brandberg se geheim!

Vandag stap ons verder die berg in. Al raak dit warm,demp dit nie ons opgewondenheid oor die pragtonele om elke draai nie.

Ons kameras klik en klik,ons skiet en skiet soos die San jagters van ouds,maar met heel ander instrumente en heel ander motiewe!

Blouselblou lug met veerwolkies..

Dieselfde toneel, veranderd soos die son agter die wattebolletjies uitskuif..

 

Granietblokke met ‘n boom wat in ‘n skeur veg om oorlewing..

 

Uiteindelik! Een van die tekeninge..’n gemsbok met sy lang horings..

Sien jy al die wit dame?

Ja,hier is sy uiteindelik,met geen definitiewe proporsies van vroulikheid nie!

Sy is toe al die tyd ‘n hy!

.

Ongelukkig is sy/hy baie verdof vanweë sotlike onkundiges wat gedurig water op haar/hom gespuit het om die kleure beter te laat uitkom! Vandag mag mens nie eers ‘n koeldrank daar naby bring nie en die gidse hou mens fyn dop.

Ek vertel volgende keer meer oor die oorsprong van die naam en wat die hedendaagse bevindings aangaande hierdie interessante tekening is.

Advertisements

18 thoughts on “Die Brandberg se geheim!”

  1. Dit was effe teleurstellend.Die ander tekeninge was nog mooi duidelik en kleurvol,maar as jy jou inleef in daaaardie tyd en die wonderlike omgewing,dan was dit dubbeld en dwars die moeite werd.

    Like

  2. My pa se familie boer mos daar in Namakwaland en daai graniet blokke neem my so terug na my kleintyd – ons kon ure aaneen tussen hulle klim en speel. Dis baie mooi fotos en ek loop graag saam met jou

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s