Die storie agter die wit vrou.

In Januarie 1917het twee Duitsers wat opmeting en kartering van die Brandberg gedoen het,op die tekeninge afgekom.Hulle het glo die aand daar geslaap en eers die volgende oggend gesien die oorhangrots waaronder hulle lê,is vol sketse.Die een,Reinhardt Maack,het sorgvuldige sketse gemaak en later ‘n gekleurde waterverf kopie,wat in Kaapstad gehou is.Ongelukkig het hy die opmerking gemaak,dat die Egiptiese- en Middellandse See-styl van die figure,verbasend ooreenstem.Dit het vir byna ‘n halfeeu gelei tot baie spekulasie,mites en verdeeldheid oor hierdie tekeninge.

‘n Bekende Franse priester en argeoloog,Henry Breuil,wat gereken is as een van die voorste kenners van antieke rotskuns,het in1929 Maack se waterverf kopie in Kaapstad gesien.Hy het toe sommer besluit dis ‘n vrou en dit vergelyk met vroulike atlete op mure van die antieke paleis van koning Minos te Knossos in Kreta.Volgens hom was die bruin jurke en wit of pienk lyfkouse wat die atlete gedra het,baie dieselfde as dié van die figuur in die skets.Natuurlik maak hy die gevolgtrekking dat ‘n klein groepie antieke reisigers van die Oostelike Middellandse See gebied, onder in Afrika uitgekom het.Sy sekretaresse,Mary Boyle,het die naam “White Lady” uitgedink.

Breuil was egter bekend daarvoor dat hy dinge baie verromantiseer het en mense was verbaas dat hy nooit opgelet het dat die figuur nie die nodige vroulike anatomie het nie!Daar is juis ‘n ander opsigtelike vroulike figuur in die tafereel!Hy het gesien wat hy wou sien..soos baie van ons ook maar doen!

Na baie studie van ander rotstekeninge, in Suidelike Afrika is bevind dat die wit figuur ‘n toordokter of sjamaan (geestelike leier) is en dat die tafereel ‘n alledaagse toneel in die lewens van hierdie nomadiese mense was.

Oorhang rots waar alle sakke,water en ander drinkgoed gelos moet word,voordat mens na links met trappe klim tot by die tekeninge.

Een van die interessante tekeninge van ‘n bok met mensledemate aan die agterlyf!

Een van die vrouefigure met duidelike anatomie.

Miskien was Breuil so preuts,dat hy nog nooit daardie dele van ‘n vrou gesien het nie!

25 Replies to “Die storie agter die wit vrou.”

  1. Interessant dat hulle die naam behou het.Dit het wereldwyd soveel aandag getrek,dat hulle besluit het om die naam te hou..deel van die romantiek!

    Like

  2. Ou vader Breuil is juis daarvan beskuldig dat hy sensasie gesoek het en naam wou maak!Arme ou ..het eintlik ‘n gek van homself gemaak.

    Like

  3. Blykbaar het hulle versierings om die enkels,arms en kniee gedra.Dan was hulle ook soms versier met wit verf.Dit lyk regtig soos rugbykouse.Goeie waarneming!

    Like

  4. Hallo! Ja was vir ‘n week in Margate met my broer se gesin en kleinkinders. Heerlik geswem en vars volryp piesangs geniet. Daarna siek tuisgekom,maar gelukkig herstel om heelwat van die Woordfees in Stellenbosch te kon bywoon. wens ek het nog van die toneelstukke gesien. HEt meestal besprekings oor en bekendstellings van boeke bygewoon. Was so lekker om al die Afrikaans te hoor!

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +