Ons ry die volgende dag verder en kom by Purros,’n klein gehuggie in ‘n baie bar landskap.Dis die woonplek van ‘n klein gemeenskappie Hereros.
Die ironie bly nie uit,toe ons hierdie spoedbeperking by die ingang van die dorpie sien nie.In Namibië word paaie en padtekens onderhou,maak nie saak hoe ver en afgeleë dit is nie!
Hierdie mense maak hulle bestaan uit die inkomste van ‘n kampplek in die Hoarusibrivier,digby die dorpie.
Hier is die aanwysing na die kampplek.
‘n Vinnige toer deur die dorpie,wys hoe hierdie geharde mense leef in ‘n baie ongemaklike omgewing!
Hier is die skooltjie,met ‘n yl boompie wat spartel om te groei,reg by die deur.
Die Herero onderwyseres is hier besig om die klimraam en ander hout speelgoed reg te maak.Let op die warm outydse uitrusting wat sy aan het.
‘n Paar van die huisies met hier en daar ‘n watertenk vir wanneer die skraps jaarlikse reën val!
Toyota is oral..!!
Met behulp van hierdie ou vragmotor,is die kampplek tot stand gebring..voorwaar ‘n prestasie,as mens die ongenaakbaarheid van die omgewing in ag neem!Ongelukkig staan die ou strydros gedeeltelik sonder wiele.
Ek wil Namibië nog eendag beter leer ken. Was net in die groot plekke.
LikeLike
Dis darem regtig net te eensaam en alleen en te droog vir my. Mooi foto’s Dankie!
LikeLike
Ouboet,ons vat hom nou al die laaste vyf jaar stukkie vir stukkie.Elke toer is anders en ons probeer gaan waar min mense kom.Dis ‘n ongelooflike land!
LikeLike
Ek is self verlig dat ek nie in daardie geweste bly nie!
LikeLike
Ek ken nie eintlik Namibië se wêreld goed nie, maar die mense daar is van “bullets” gemaak in van die droogste, dorste omgewings. Sout van die aarde … almal van hulle.
LikeLike
Taaiste onder die taaies!
LikeLike
Ek het ‘n paar keer werk gedoen in Windhoek en Walvisbaai, maar die res is vir my onbekend. Ek het nou die dag ‘n groot projek vir die Polytechnic (Technicon) in Windhoek gedoen maar alles was “desktop”. Die inligting oor die land het my egter baie geinteresseer.
LikeLike
Ons basis is Swakopmund en van daar af werk ons die land deur.Besig met ‘n foto reisboek.Manlief neem eintlik die foto’s.Myne is net die mik en druk-foto’s om al die mooi oomblikke vas te vat.
LikeLike
Nice foties van ‘n rowwe plek!
LikeLike
Pragtig. Julle moet dit geniet
LikeLike
Lieflik, maar nee dankie..is darem net te veel sand en te min groen.
LikeLike
Lekker saamgery, dankie!
LikeLike
‘n Lekkerkykblog hierdie – ek dink jou woord, ongenaakbaar, beskryf die landskap baie goed. Maar dis vreemd mooi.
LikeLike
Ongelooflik…onse Afrika mens eis so taai en moedig en kla nooit nie…o gaats,,,behalwe nou vir die met die witbrood onner elke arm…
LikeLike
Op my dae het ek 2 keer regdeur Namibia geryloop, van noord na suid…o gaats, dit was mos eintlik Suidwes…
LikeLike
Suggg!Wat ookal!
LikeLike
Jy het seker laaank gewag vir ‘n oplaai!
LikeLike
Dankie Katrina.
LikeLike
Pionierslewe.
LikeLike
Dankie Lewies.
LikeLike
Sulke landskap hou vir my ‘n besondere bekoring in. Soos daar rondom Augrabies, mens kry respek vir mens en dier (en plante)wat daar oorlewe.
LikeLike
praat jy waar woorde.
LikeLike
pragtige foto’s van ‘n harde lewe.
LikeLike
Ry nog al die pad saam
LikeLike
Sterkstes onder die sterkes!
LikeLike
Ek geniet jou blogs baie. Ek het ‘n groot en diep liefde vir Namibië en veral vir Swakop en omgewing. (Versigtig wees met ‘n gek maak van jouself op die boetietjie se blogs. Ek vermoed jy was afwesig die naweek toe hy gebieg het oor sy rondslapery met ‘n mooi jong dingetjie en daarmee sy vrou werklik erg verneder het.)
LikeLike
Ek het dit gelees,maar gaan my nou liewer daar uithou.Ek was maar net geskok oor die aanval.Een lelike ding maak nie ‘n ander lelike ding reg nie!
LikeLike