Kampplek by Purros

Na die dor, droë voorkoms van die dorpie, Purros, is die kampplek verbasend mooi en gerieflik.Na die versengende woestynson,vorm die pragtige ou kameeldoringbome op die oewer van die Hoarusibrivier, ‘n sambreel van lawende koelte.

Alles wat ‘n mens in die kampplek sien,is deur die ou lorrie uit my vorige blog,aangery en met vernuf aanmekaar gesit..iets waarvoor mens net waardering kan betoon,gegewe die onherbergsaamheid van die area!

Hierdie interessante aanwysingsbord verwelkom mens by ontvangs.Die kunswerk is saamgestel uit verskeie beendere van lankgestorwe diere.

Die netjiese kantoortjie met waarskuwende kennisgewing.Hier speel mens nie met die olifante nie.Redelik onlangs is ‘n buitelander hier doodgetrap deur ‘n verwoede olifant!Ons gids se pa is ook vyf jaar gelede deur ‘n olifant doodgemaak.Hy was baie ervare en het die wêreld en olifante goed geken.Dit wys net weereens dat mens die natuur te alle tye moet respekteer.

Oulike klip opwasbak met ‘n dwarslêer (“sleeper”) waarin die krane netjies pas.Gerief,o gerief,vanaand buk ons nie met moeë

rûe oor ‘n skotteltjie nie!

Nog beter..’n badkamer!Na drie dae se GMV (gesig,mikke,voete), gaan dit saaalig wees om uit te toets.

Die wasbak, met ‘n spieël,waarsonder ek op hierdie stadium liewers kon doen! Myself pertis des mertis geskrik toe ek daarin kyk!

Daar is selfs ‘n bankie in die badkamer,waarop ek my klere kan neersit. Kyk hoe lekker skyn die son deur die sparretjies en met net die boomblare as dak,is daar geen lekkerder stort op aarde nie!

Ons speel lekker huisie-huisie onder die oer-ou bome.

Advertisements

21 thoughts on “Kampplek by Purros”

  1. They wil definitely go for fruit and vegetables,but not for stuff like bread ,meat and so on.They are browsers and grazers and being in this very dry environment,any fruit or veggies will be mostly appreciated.

    Like

  2. Keer my net, anders kommandeer ek nou die Man op om die Landy te begin pak, Dit lyk so lekker, dit voel amper of ek daar is. My hart smag na so lekker kampvakansie, en as dit nog in Namibie kan wees, soveel te beter!

    Like

  3. Die olifante sal nie sommer ‘n tent trap nie,hulle is baie intelligent,maar jy moenie daar uitkruip en een raakloop nie,dan is die gort gaar oftewel,daar sal nie meer gort wees om gaar te maak nie!Mens moet maar net doodstil le en nie te hard snork nie!

    Like

  4. Dankie ja,twee verskillende werelde,maar twee woestynwerelde. Die wereld is eintlik klein!Kom weer,ek is nog nie klaar met hierdie reis nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s