Na ‘n heerlike stort,wat my soos ‘n koning laat voel,ry ons ‘n entjie uit die kampplek uit en kom op hierdie verlate Himba gehuggie af.Dis nogal spookagtig,want die kraal lyk vervalle en die landskap lyk nie baie herbergsaam nie.Ons gids vertel vir
ons dat dit ‘n oorstaanplek is vir Himba veewagters,wat soek na beter weiding vir hul beeste.
Net een vervalle hut staan hier in die verswelgende middaghitte.
Die drumpelklip is ‘n aanduiding,dat hierdie hut aan iemand behoort en dat hy weer gaan terugkeer.Binne is nog die oorblyfsels van ‘n vuurtjie.Dit laat my soos ‘n skelm voel wat iemand se geheime ruimte betree.
Dis maar ‘n klein ou hutjie en mens moet goeie knieë hê om so naby aan die aarde te leef!
Oooo nee dankie Bytjie… jy moet maar alleen gaan.
LikeLike
Tina,Tina,ek is bitter teleurgesteld in jou.Jy gaan op my volgende inskrywing sien watter kunsfotogeleentheid jy gaan misloop,as jy nie die sprong waag om saam te gaan nie!
LikeLike
Grinnik… moet sê die ou takhuisie sal ‘n mooi foto maak maar binne in kry jy my nie – dis soos ‘n plekkie om jou laaste asem uit te blaas!
LikeLike
Ek het daar ingekruip en kon amper nie weer uitkom nie.Dis so klein en dit ruik na rook en eensaamheid!
LikeLike
Goeie genade Perbytjie, WAAR is jy?Lyk na ‘n veraf geleë vallei van verlatenheid………..
LikeLike
In die middel van Kaokoland,naby Purros.Dit was so een en ‘n half jaar terug.
LikeLike
Genade! “Onherbergsaam” is te ‘n sagte woord om die verlatenheid te beskryf.Wonder hoe ver die naaste water is.
LikeLike
Jis dis ‘n dor plek!
LikeLike
“ruik na eensaamheid” – wat ‘n interresante metafoor.Sulke avonture is altyd verrykend
LikeLike
Dankie vir die kuiertjie.
LikeLike
Kan jy glo dat mense daar bly?
LikeLike
Die Hoarusibrivier is nie te ver daarvandaan nie,maar dit vloei net soms.Andersins loop die water onder die sand.
LikeLike
plesier, ek het nou eers al jou namib fotos gekyk, pragtig!
LikeLike
Stof en klip is deel van die dieet!
LikeLike
goeie kniegies huh…wens xtene kan so dankbaar word…
LikeLike
huh…jy bedoel jy leef nog!!Lewende dooies inderdaad…
LikeLike
Dit gaan my vestand te bowe dat mense enigsins daar bly
LikeLike
Jou fotos is so mooi en laat my tog so verlang na ‘n tyd baie jare gelede. Jy neem my altyd terug…
LikeLike
Sal jou graag daar op die grond wil sien rondkruip!
LikeLike
Dankie vir die inloer.
LikeLike
Kom kuier weer.
LikeLike
wat ‘n wake up call om te besef dit was iemand se tuiste
LikeLike
Swaar om uit te werk waarvan hulle leef!
LikeLike