Wanneer moet mens ingryp?

Gister betrap ek buurman se Maine Coon,besig om ‘n kat-en-muisspeletjie met ‘n arme rooiborsduifie te speel.Woedend storm ek op hom af en gryp die voëltjie.Die arme dingetjie se stertvere is omtrent almal uitgepluk en in sy borskas is ‘n gapende wond.

Wat nou gemaak?Ek maak die geskokte geveerdetjie gemaklik op ‘n sagte lappie in ‘n ou roomysbak.Later probeer ek bietjie water in sy bekkie drup,maar niks help nie.Die heelnag slaap hy langs my bed en ek droom selfs dat hy môre-oggend lustig op die grasperk saadjies pik en daarna wegvlieg.

Vanoggend is hy baie swakker en ek oorweeg dit om sy nekkie vinnig en pynloos om te draai.Ek kry dit nie reg nie en hou hom maar verder rustig en gemaklik.

Eintlik moes ek die kat gelos het,dan was die arme duifie lankal uit sy ellende verlos.

Ek en my simpel geaardheid!

Advertisements

22 thoughts on “Wanneer moet mens ingryp?”

  1. Ons bure het twee skaapooie.die een het ‘n 2ling van so 3 weke oud. die ander se lammetjie is Sondagnag gebore. Gisteraand het die man hom begrawe. Lammetjie het die hele nag gemêê sonder dat die eienaar ingegryp het – hoekom weet ek nie.Kry die arme ou ooi so jammer wat nog bly roep het

    Like

  2. Jys heeltemal reg my liefie.Dis hoekom ek so mal is oor jou.Jy bring hooghartige mense soos ek terug aarde toe.Dankie vir jou baie positiewe inset.

    Like

  3. Ek hoef nie te kruip vir “approval” nie,ek het genoeg ondersteuners hier.Terloops die goeie Engelse woord vir “approval”is erkenning.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s