Besondere mense

Die volgende dag besoek ons ‘n Himba gemeenskappie naby Purros. Hulle huisies van stokke,modder en mis,staan in ‘n sirkel. Die beeskraal se hek is reg oorkant ‘n heilige vuurmaakplek,waar die hoofman heeltyd moet sorg,dat die vuur bly brand,al is dit net ‘n paar rokende stokkies.

Hierdie mense is eintlik Hereroveewagters wat jare gelede deur die Namas die wildernis ingedryf is.Die meeste Hereros het ‘n Westerse leefwyse aanvaar en sommige van die vroue dra nog steeds die veelkleurige uitrustings vanuit die vroeë Duitse koloniale tydperk.

Die Himbas klou egter nog aan hul ou leefwyse en hul groot trots is hul vee. Die karigheid waarmee hierdie mense in die ongenaakbare Kaokoland bly, grens aan die verstommende.

Met ons aankoms by die kraal,betaal ons dertig Namibiese Dollar vir ‘n toer deur hul kraal en ons kry toestemming by die hoofman om foto’s te neem.

Hierdie ou vroutjie was so vriendelik en bly om ons te sien.Sy het heeltyd loop en giggel.

Kombuishut,waar hul karige eetgerei in sakkies opgehang word, met emmers,

swartsakke en dromme vir stoorplek.

‘n Pragbees.In droogtetye trek die Himbas rond op soek na beter weiding.

Hulle is een van die min oorblywende nomadiese volke op aarde.

Hierdie vrou suig lustig aan haar pyp.Sy was nie baie vriendelik nie en hier het ek

 meteens besef dat ons eintlik die mense se waardigheid aantas.

Hierdie ou klein seuntjie met sy lang wimpers,het dadelik my aandag getrek.

Hierdie knapie was hoeserig, met ‘n vreeslike loopneusie en rooi ogies.

Die hare op sy kop word op ‘n spesifieke manier laat groei.

Die hoofman met een van sy vrouens en hul twee kleingoed.Die vrouens dra vreeslike

 interessante kopstukke en smeer hul lywe met oker,gemeng met dierevet.

Dit gee aan hulle die rooi-blink voorkoms.

Toe ons later vertrek,was ek effens uit die veld geslaan.Dit was voorwaar ‘n verskriklike kultuurskok!

Besondere mense,hierdie Himbas!

Advertisements

26 thoughts on “Besondere mense”

  1. Ek het in die Namib by ‘n lendelam tafeltjie vol klippe gewag vir ‘n ou vroutjie om nader te draf van haar gehuggie af daar doer om haar ware te verkoop, daar waar die mense meer westers maar baie armoedig aantrek. Gevra watter soort mense is hulle, bedoelende watter stam/nasie. Sy antwoord, “Sommer woestynmense, Mevrou.”

    Like

  2. Ongelukkig word hulle ook gekommersialiseer.Deesdae is daar ‘n hele groepie in Swakopmund,wat daar rondsit om deur die toeriste afgeneem te word.

    Like

  3. Dankie,Tina.Hier kan jy lekker portretstudies doen met jou nuwe kamera!Ek het my mik en druk gebruik en bietjie ongemaklik gevoel oor ek die mense se privaatheid so skend.So daar was nie baie beplanning in nie.

    Like

  4. dis goed om sensitief teenoor mense se privaatheid te wees, en jy het toestemming gevra. enkelinge voel wel seker anders. dankie vir die deel van jou ervaring. dit is ongelooflik dat hul so kan lewe, en mens kan baie daaruit leer, maar ek is bly dis nie ek nie. tog wil mens sien dat so ‘n ou kultuur en lewenswyse nie tot niet gaan nie.

    Like

  5. Ek hoop ook nie dit gaan tot niet nie.Maar solank hulle daar in Kaokoland bly,is hulle baie afgesonder en sal die moderne lewenswyse hulle hopelik nie te gou bereik nie.

    Like

  6. Hulle skop vas teen die aanslag van moderniteit. ‘n Laaste vesting, ‘n vasbyt in hulle kultuur. Mooi fotos. Interessant.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s