Moes ek of moes ek nie?

Gister was ‘n gewone dag, vol helder sonskyn en ‘n vars briesie wat oor die see aangewaai kom.Ek sit en kyk na die parkeerarea reg voor ons blyplek en verwonder my aan al die flukse stappers en drawwers,wat armswaaiend en voetklappend hul vroegoggend inspanning doen.

Verskeie brakke hol rond aan leibande of sommer net uitbundig los.My oog raak skielik gevang deur twee jong armoedige knape,wat vir ‘n piepklein brakkie water gee in ‘n ou afgeskeurde melkkarton.My eerste gevoel is,dat die brakkie verlore is en dat hulle net uit jammerte vir haar water gee.

Ek stoom oor die straat en teen hierdie tyd,krap die tweetjies in ‘n asblik en die ou hondjie waggel agterna.Ek vra hulle of dit hul brakkie is en of die dingetjie verdwaal is.Ek weet nie of hulle ‘n geleentheid gesien het nie,maar hulle sê ek kan ‘n prys onderhandel plus ‘n ou ietsie te ete.Die groen sous van iets wat hulle uit die asblik ge-aas het,drup van die een se ken af! Heeltemal impulsief vat ek die brakkie,draf huis toe en pak vir die twee ‘n groot sak kos en ‘n geldjie vir die brak.

Die twee is so dankbaar, druk vir oulaas vir Fluffy (die naam wat hulle vir haar gegee het) en hervat hul roete van asblik tot asblik.Ek staan met die brakkie in my arms en wonder wat my besiel het.Ek is met vakansie in ‘n ander land en moet met die vliegtuig huis toe en hier staan ek met ‘n hond!

Doen toe maar wat mens doen met ‘n nuwe woef.Ek gee vir haar ‘n bakkie water en bietjie koue vleis. Dis al wat in my yskas was.Die ou dingetjie raak naderhand aan die slaap,maar ook nadat sy ‘n voorspelbare plassie op die mat gemaak het!Hoekom kies honde altyd matte?

‘n Uur of wat later,besef ek dat daar nou tot aksie oorgegaan moet word.Ek laai die ou diertjie in die kar en ry na die naaste veearts,wat vir my aanwysings gee na die DBV.Daar gekom,word ek aangenaam verras.Omtrent twintig brakke van alle groottes, kleure en soorte,verwelkom my by die hek.Selfs die katte loop houtkerêrie daar rond..een groot gelukkige dierefamilie!

‘n Baie vriendelike vrou laat my ‘n vorm teken en dis koebaai aan my nuutgevonde brakkinnetjie!Met ‘n knop in my keel,ry ek huis toe en hoop in my hart dat klein Fluffy ‘n goeie huis kry.My hart voel ook seer oor die twee jongmense,wat hul troeteldiertjie verkwansel het vir ‘n sakkie kos.

Dis die ongelukkige werklikheid van ‘n wêreld vol armoede en ellende.Die hondjie gaan uiteindelik ‘n beter toekoms tegemoet..hoe ironies!

Advertisements

9 thoughts on “Moes ek of moes ek nie?”

  1. Hier in Namibie is ook geweldige armoede en werkloosheid.Buite Swakop is ‘n groot plakkerskamp sommer so in die vlakte.Dit word die DRC genoem.Glo my vry,die ellende loop sonder skoene daar rond.

    Like

  2. Dis erg as mense wat so jonk is,in asblikke moet krap, terwyl ander jonges in ontwerpersklere met Blackberries by hulle verby loop.Ek wil sommer huil as ek dit sien!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s