Feetjiesirkels

Die geheimsinnige feetjiesirkels van Namibië,wat strek vanaf Angola tot in die Noord-Kaap,lê in ‘n parallelle strook met die Atlantiese kus.Niks groei in hierdie sanderige sirkels nie en vanuit die lug gee dit ‘n mens ‘n goeie beeld van hoe dit lyk.Onlangs was daar ‘n berig in Beeld,wat min of meer die mites ager die sirkels, die lug inskiet.

Daar was aanvanklik drie teorieë:

1.Radio-aktiewe grond-geen tekens van buitengewone uitstraling is egter gevind nie.

2.Gifstowwe wat deur die Damara-melkbos afgeskei word-daar is gevind dat woestynplante soos die grasspesie “Lolium Multiflorum”, onder melkbosse floreer..dus is dié teorie ook onder die bos begrawe.

3.Grasdraertermiete wat die plante binne die sirkels wegdra-slote van twee meter en dieper is in en om die sirkels gegrawe en geen teken van termiete is gevind nie.Dus is hierdie teorie ook na die miere!

Nou het hul tot die gevolgtrekking gekom ,dat dit aardgas is wat boontoe borrel en dan op die oppervlak oopbreek in ‘n volmaakte sirkel.Die gronchemie verander en niks groei in die sirkel nie.

Ek hoop van harte nie dat die vraatsugtige mensdom in hierdie wonderlike wêreld gaan ronddolwe vir olie of ander energiebronne nie.

Ek wens dit was regtig feetjies wat hier gedans het!

Hierdie lugfoto’s is naby Sossusvlei geneem.

Advertisements

25 thoughts on “Feetjiesirkels”

  1. Dis baie interessant, het nog nie eers hiervan gehoor nie. As mens kyk na die tweede foto, en jouself verbeel dat die groenerige deel water is, dan lyk die sirkels nogals soos borrels. Weet nie of daar gasse is daar nie, maar is seker moontlik.

    Like

  2. Die energievretende wêreld gaan ongelukkig daardie mooi land omdolwe – dis hoe dit werk. On the other hand – Namibië het daardie finansiële inspuiting sekerlik nodig.

    Like

  3. Navorsers beweer dat die aardgasbronne nie noodwendig direk onder die sirkels is nie,maar dat dit kilometers deur krake beweeg.

    Like

  4. Dit lyk nogal asof daar borrels was, maar dis seker van die see. Ag, dis lekker om te glo dat dit een of ander bowêreldse of buitengewone towersirkels is – daar’s so min fantasie deesdae. Dis in elk geval verskriklik mooi.

    Like

  5. Ja,muskietgrootte.Klein flappie in die venster waardeur jy jou lens kan skuif.Glo my,die wind suig jou amper uit en op ‘n stadium was my kameralens amper vort die woestyn in!

    Like

  6. Die aardgas ontneem die grond van suurstofryke lug,wat nodig is vir plante om te groei.Dit verander ook die grondchemie.Aardgas bestaan grootliks uit metaan en dis natuurlik ook giftig.

    Like

  7. Hier by ons op Klawer is daar ook sulke sirkels. Mens sien dit sommer so van die N7 af teen die koppies. Ons sirkels is net kleiner en daar groei ook niks in nie. Het ‘n paar jaar gelede ‘n tv program daaroor gesien, maar toe het hulle nog nie van aardgas gepraat nie. Lieflike misterieuse foto’s!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s