Wonderlike woestynland vanuit die lug

Die Namibwoestyn fassineer my van kleinsaf en verlede week het ek die voorreg gehad om oor ‘n gedeelte daarvan te vlieg in ‘n redelike stabiele muskiet.Ek was aanvanklik vreesbevange,maar later het ek ontspan en besluit dat die waagstuk deur en deur die moeite werd was!

Met my kamera wat klik en klik,het ek die ongelooflike skoonheid probeer verewig.Ons vlug was oor die rooi duine vanaf Tsondabvallei tot by Sossusvlei,waar ons gedraai het en weer terug is vir ‘n vlug oor die Kuiseb Canyon.Dit was ‘n grootse ervaring en ek sal dit enige dag weer doen!

Lieflike rooi duine.Hierdie duine is heelwat ouer as wit en geel duine en die rooi voorkoms is vanweë die korosie van die yster in die sand.Dus hoe rooier,hoe meer geroes,hoe ouer.Wanneer mens ‘n magneet oor die sand trek,staan die ystervylsels soos hare op ‘n hond se rug daarop.

Duine naby Sossusvlei,met die rivierloop van dieTsauchab,wat lyk soos groot wit are.

Wat kan ek sê….?Gewoonlik is hierdie duine sonder plantegroei,maar na die ongewone goeie reënjaar,is dit oortrek met gras en bossies.

Versteende duine..nog ouer as die vorige rooi duine..miljoene jare se kompaksie,maak dit hard soos klip.

25 Replies to “Wonderlike woestynland vanuit die lug”

  1. Ek besef ek is uiters bevoorreg.Ek is so bang ek verveel julle met al my stories,maar dis nie die bedoeling nie.Mens kan nie sulke wonderlike belewenisse vir jouself hou nie!

    Like

  2. Gelukkig ken ek niemand wat my so rit in ‘n muskiet kan aanbied nie, daarom geniet ek maar jou pragtige foto’s

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +