Ou goed

Wêreldwyd lê ou goed rondgestrooi.Vir die kritiese oog is dit ‘n steen des aanstoots,maar vir my is daar altyd ‘n storie verbonde aan die wrak van ‘n eertydse ou motor,windpomp,plaasimplement en stuk draad.’n Mens ken nie altyd die verhale nie,maar kan maar net raai watter pad hierdie ou ding in ‘n leeftyd in mensehande gestap het.Die misterieuse agter die mense wat hierdie ou goed eens op ‘n tyd hanteer het,hou altyd vir my ‘n stukkie mistiek in en voer my mee na ‘n vervloeë tyd.

Hierdie ou waterpomp staan iewers op ‘n plaas in die suide van Namibië.

Dalk het die water opgedroog,of die einaars het uitgeboer en alles net daar gelos!

‘n Donkiekar in die dorre Kaokoland.Dalk was die wiele afkomstig van ‘n motorwrak.

Die bakwerk is van ou sinkplate aanmekaar getimmer.Dit is duidelik nog in werkende toestand,

die geheimsinnige eienaar was nêrens te siene nie.

Sink,hout en flenter kardeure is ingespan om hierdie huisie te skep.Die vertoiingde geraamte van ‘n

gevalle ou windpomp,beklemtoon die mistroostige toneel van swaarkry.

Miskien het hierdie Landrover duisende kilometer op vêr paaie afgelê,voordat

dit finaal hier tot ruste gekom het.

‘n Haasbek,skewetand windpomp..vir ewig tot stilstand geknars!

Waar sou dié lorrietjie orals gery het,voordat dit ook finaal op hierdie moedverloor

se droë vlakte gaan staan het?Dalk nou net ‘n speelplek vir maer,kaalvoet kindertjies..

Die oorblyfsels van ‘n eens deftige Singernaaimasjien.Hoeveel elegante kledingstukke is onder sy

naald geskep,voordat dit op ‘n hartseer ashoop tussen rolle doringdraad beland het?

Op sy dag,was hierdie die trotse,statige motor,van iemand met ‘n goeie inkomste

en status..gereduseer tot ‘n houer vir vuurmaakhout.

Nog ‘n nuttelose waterpomp,geroes en geskroei deur jare se genadelose son.

‘n Plaasimplement lê en vergaan in die wye ooptes.

As ou goed kon praat….

33 Replies to “Ou goed”

  1. Niemand is dom nie, as mens nie vra nie sal mens nie weet nie 🙂 Kunstenaar van die Weskus wat materiale wat herwin is gebruik vir kunswerke. Hy het ‘n ongewone huis, ontsettend kunstig, alles van ander se afval gemaak.

    Like

  2. Ongelukkig is dit alles in Namibië.Maar ek is seker dat jy op baie plase sulke ou goed sal kan kry.Julle het seker maniere om ou goed in die hande te kry.

    Like

  3. Dankie,Vega.Ek het gaan loer.Sjoe die man het omtrent sy huis met ou “scrap” versier.Ek sal nou nie sê dis mooi vir my nie,maar voorwaar kreatief!

    Like

  4. Ek lees n stukkie nostalgie raak. Ek kan erg nostalgies raak, soms sommer n pyn in my eie gai. Mooi foto’s!

    Like

    1. Dankie dat jy by hierdie horingoue blog kom loer het.Al hierdie ou goed het ek in Namibië raakgeloop.Dis so ‘n wye,massiewe land,dat dit niks snaaks is om veral ou motorwrakke te sien nie.Soms is die afstande net te groot en vêr van die beskawing,om goed te laat herstel.Dan lê dit maar en oproes.

      Like

Leave a reply to Perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +