Taai kinders

Pas terug van ‘n toer in die Noorde van Namibië,het ek tot ‘n ontstellende gevolgtrekking gekom.Ons kweek ‘n verlore spesie slap,gemaksugtige, lui,egoïstiese mense,wat hulself definiëer deur hul aardse besittings.

‘n Groot gedeelte van ons reis,was deur Damaraland en Kaokoland.Die mense daar leef na aan die aarde en hul koolstofvoetspoor is byna nul.Opvallend,was die aantal baie klein kinders wat oral dagtakies verrig.Party stoot kruiwaens met waterkanne,dan is die kruiwa omtrent twee keer so groot soos die kannetjie wat dit stoot.

Verskeie kere is ons verby jong Himbameisies en-seuns op donkies,duidelik oppad iewers heen om hout of water te gaan haal.Meisies so klein as vyf of ses jaar loop met babas op die heup,sommer daar in die middel van nêrens.Jong seuns,party nog snotneusies,jaag groot troppe beeste en skape aan en moet heeldag in die veld deurbring.Nooit het ek iewers ‘n bottel water of ‘n kospakkie opgemerk nie.Hierdie kinders is supertaai!Hulle is heeldag in die warm kokende son,het die minimum klere aan en is definitief nie oorvoed nie!

Terug in die beskawing,sien ek die moderne jongmense,lêend op die sewende nekwerwel,opsigtelik verveeld,met vingertjies wat verwoed tik op superduur selfone.Hulle sit oral in eetplekke,eet groot borde vetryke kos en sluk glas na glas drank weg.Dis opvallend hoe dik die meeste van hulle is.Hoe harder die musiek,hoe harder die gesprekke.Die oorverdowende lawaai gee enige gesonde oor vroeg-vroeg ‘n knou.Die rytuie spreek van gemak en welvaart.

Ongelukkig is dit so,dat dit die moderne leefwyse is,maar iewers gaan dit dramaties tot ‘n einde kom en ek is bevrees,net die sterk, taai kinders van die veld en bos,gaan so ‘n fiasko oorleef!

Advertisements

25 thoughts on “Taai kinders”

  1. Jy het goed waargeneem en opgesom.In die ou dae het die kinders baklei om die bord af te vee, nou doen ek dit maar self.Tye verander ten slegte.

    Like

  2. Ag ou Fransie,wat is nuut?Jou plaatjie haak altyd vas op dieselfde ou plek.Ek weet van ‘n klomp dom,dik Sjinese en uitgewekenes wat ook gedoem is.

    Like

  3. Waak teen die oorverdowende lawaai wat gesonde gehoor vroeg-vroeg onherstelbaar knou, veral in oorfone.Ongelukkig tel die vaardigehede van primitief leefniks in die kubereeu nie. Laat ons jongetjies ten minste fietstrap skool toe.

    Like

  4. Waar woorde!Vandag se jeug (daar is uitsonderings)is die produkte van ouers wat hul tot in die verdoemenis in bederf, met weinig verantwoordelikheid en pligsbesef!

    Like

  5. Waar ons nou tydelik geen persoonlike vervoermiddel tot ons beskikking het nie, sien ek hoe gemaklik ekke myself ook al geword het

    Like

  6. Probeer jy seg die gemiddelde Afrikaner is NIE dom, vet, lui en kardinaal sleg nie…of?Die gemiddelde witmens in d ie w ereld is byna bomenslik dom, byna…

    Like

  7. die een enkele ding wat my die meeste wrewelrig maak teenoor witmens eis hul totale selfsug en onmenslike ondankbaarheid…

    Like

  8. Ek is oneindig dankbaar dat my meisiekind se skool drie verdiepings trappe het wat sy paar keer per dag op en af moet klim!

    Like

  9. Dis waar,hulle kan seker nie help dat hulle in so ‘n wereld leef nie,maar ek dink ouers moet meer van kinders eis om hul verantwoordelikhede te aanvaar en minder klem le op die bloedjies se gemak en aardse besittings!Ek is self skuldig.

    Like

  10. My dogter hou skool in Moskou en sy sê hulle is so bedorwe..net die beste selfone.Lag hulle dood vir haar ou doelgeskikte knoppies-selfoon.Hulle ouers betaal ten duurste vir Engelse klasse,maar hulle is lui en disrespekvol.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s