‘n Geoloog se droom

Wanneer ‘n mens in die Ugabrivier se sandbedding ry,begroet hierdie wondertonele jou.Die rivier is een van verskeie riviere in Damaraland in Noord-Wes Namibië.Hierdie riviere loop onder die sand en kan in die reënseisoen gevaarlik afkom en het alreeds verskeie kampeerders onkant gevang!

Dis ook die wandelbane van die Woestynolifante en verskeie ander droëveld diere.Dis egter ‘n lus vir die geologiese oog en het my miljoene jare teruggevoer.In my verbeelding kon ek seebeddings vol vreemde kreature sien en toe weer gletsers wat diep kepe in die landskap sny.Dan was daar weer ‘n groot binnelandse meer en ‘n aardskudding,wat alles omkeer.

Die twee ou kraters (Messum en Doros) in die omgewing het ook gesorg vir skouspelagtige uitbastings en lawaneerslae wat honderde kilometers verder nog waargeneem kan word.

Zebrastrepe in die Ugab,in die Brandbergomgewing

Wat het alles hier gebeur om sulke mooi bruin- en wit- sjokolade formasies te vorm?

Lyk soos ‘n marmerkoek..opgebou uit verskillende lae.

Ons kon hier nie verder,want hier was baie water en plantegroei.

En die aarde het opgerys,gekantel,afgesak en weer opgestoot..

Elke lagie vertel ‘n storie van katastrofes van  vervloeë tydperke, eeue voor Homo Sapiens.

Dis Moeder Natuur op haar rouste!

27 Replies to “‘n Geoloog se droom”

  1. Net gisteraand ‘n program op Kyknet gewees oor daardie gebied. Ek het geluister en gedink dit moet ‘n baie spesiale mens vat om in daardie wereld te bly. Mooi fotos.

    Like

    1. Dankie dat jy kom kyk het.Hierdie is in Namibie,wat aan die Westekant van Suid-Afrika is.Min Suid-Afrikaners kry die geleentheid om daar te toer,want die afstande is geweldig groot.Dis ‘n ongelooflike mooi land.

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +