Gisteraand ry ons na ‘n funksie in die deftige Saxon Hotel,iewers daar in Sandton…GPS aan,maar ‘n ongeluk op die snelweg verander die hele prentjie.Nou as julle vir manlief ken,hy laat hom nie eers deur ‘n GPS vertel nie!
Toe ons nou noodgedwonge roete verander,seg die tannietjie allerhande rigtings,waarmee Pappie NIE saamstem nie!Volg dus sy eie kop,want hy ken mos eintlik vir Jouies soos die palm van sy hand.Ek het stilstuipe en sien hoe die horlosie naderhand wys,dat ons nou amptelik laat is.Na nog ‘n driekwartier is ons nog later.Af en toe knip ek die liggie by die truspieël aan en wend ‘n flou poging aan om met my nagblinde ogies,die baie vrot kaart wat die GPS moet ondersteun,te bestudeer.By elke robot probeer Pappie sy bearings kry,maar dis so goed hy probeer koek bak in die donker.
Moenie vra hoe nie,maar uiteindelik seil ons natgesweet by daai Saxon se hekke in.Ons probeer baie kalm en grênd-waardig lyk,want ons het ons status tot eregaste verhef,deur absoluut laaste daar aan te kom!
By die hekke is lakeie in swart pakke met tweerigting radios.Ons word ingewuif in die parkeergarage in en nog ‘n knaap maak die deur vir my oop en raak amper die grond met ‘n swiepende arm,soos hy buig.Skoon verwilderd word ons sonder seremonie in ‘n statige BMW ingebuig,weer met knikkende koppe en knakkende knieë..dag eers ons word ontvoer,maar die kar ry tien treë tot by die hotel se voordeur!Eregaste mag mos nie loop nie..
By die voordeur nog pikkewynpakmanne,wat ons verwelkom en deurbuig na die onthaalarea.Glase sjampanje word in ons hande geprop en ons probeer onsuksesvol lyk of ons maar heeltyd daar rond was.Gelukkig het die verrigtinge nog nie begin nie en niemand sien die twee kommin Oosranders wat op die laaste minuut daar insluip en klaar gesuip lyk,al het hulle nie ‘n druppel gedrink nie!
Oulike program duur toe slegs ‘n halfuur,waarin ons kans kry om weer effens tot verhaal te kom.Na die tyd word die gaste bedien met borde en borde vol van die heerlikste vingerhappies.Dit kom sommer so vanself aangedra deur ‘n klomp swewende manne in swart.As jy nog jou sosatiestokkie wil afkou,neem ‘n vaardige hand dit en siedaar..daardie manne is fyn afgerig!
Later,weer uitgebuig,uitgewuif,tien treë terug aangery na ons eie kar,ry ons daar uit.Buite die hekke staan omtrent ‘n erewag,maar helaas,nie vir ons nie..om die draai kom ‘n blouligbrigade met deftige motors en BBPersone,verskuild agter getinte ruite.Eish!Konnie sien wie dit was nie,beslis baie belangrik!
Ons ry rustig in die vinnige baan op die snelweg terug en die volgende oomblik sny ‘n motor van links af reg voor ons in en gaan staan omtrent stil!Manlief briek en briek en briek!Die ou het ons probeer stamp van die kant af.Dit was die vreemdste gevoel.Onmiddelik is ons paraat,kyk of iemand ons agtervolg,ek tik ons buurtwag se nommer in,polisie antwoord mos nie meer fone nie!Die voertuig ry al stadiger en ons val heeltemal terug en beweeg oor na ‘n ander baan om hom af te skud.Dis nou nog nie duidelik wat gebeur het nie,maar ons het darem veilig tuis gekom.
Ek het vandag skoon die ritteltit as ek dink wat kon gebeur het.Geen aanduitstappies meer vir my nie!
Julle lewe n opwindende lewe
LikeLike
Ek het nie besef dis so ‘n grend besigheid nie,sommer my jeans en bootse aangehad..skoon uit gevoel.
LikeLike
Die aand op die ou einde tog geniet?Bly julle is OK. klink regtig asof iemand julle probeer te nakom het
LikeLike
Julle moet in hôgere kringe beweeg!! Bly dat julle toe veilig tuis gekom het.
LikeLike
Ek kan getuig van polisie wat nie hulle fone antwoord nie. Maar dalk is dit gesteeld kabels.
LikeLike
klink vreemd en baie baie scary……adrenaliengelaaide aandjiehappies klink heerlik…
LikeLike
Ons het dit geniet,net vreemde ervaring om so hand en voet bedien te word.Dis nie regtig my styl nie,voel te ongemaklik!
LikeLike
Nee wat,die kringe is seker hoog,maar ons ou twee speel plat op die aarde.
LikeLike
Dit gebeur nie net hier nie.My dogter in Rusland,het nou die dag die polisie gebel oor ‘n diefstal,toe is hul fone op “voice mail”! Haha!
LikeLike
Was voorwaar onvergeetlik.Ek voel nou nog effens geskok oor die kar voorval!Ons het nie iewers voor hom ingesny of iets gedoen nie.Hy het sommer uit die bloute gekom en styf teen ons verbygeskuur,voordat hy amper botstil voor ons indruk.Manlief het baie goeie reaksies!
LikeLike
klink soos ‘n mal mens!
LikeLike
Katvoet loop!
LikeLike
Lekker paartie. Kak terugrit – bly julle is veilig!
LikeLike
Eish ! Dis omtrent scary! Ek’s bly julle is ok !
LikeLike
jy skryf lekker stories [en neem blergoeie foto’s!]. ek het nog nooit in sulke uitgelese geselskap gewees nie, nie eers as kelner nie! was die kos darem eetbaar of net dooie vissies op stokkies? grappie, jaloersgeit? julle mnse daar bo in SA moet maar versigtig saans, en seker ook bedags wees; hier by ons is dit net ‘n slang so nou en dan en ‘n voëltjie wat jou raakmis … dis sommer gagga
LikeLike
Ag,dit was nie regtig uitgelese geselskap nie,net die gewone stiff-upperlip Ingelse,wat soos gewoonlik die dam onder die eend uitruk.Kos was piklekker hoor!
LikeLike
Hahaha…die urban jungle doen dit nie vir jou nie huh…laat my dink aan ‘n vriend in die tagtigs…lekka gesuip die aand in Vereniging oppad terug Sasol toe…sien hy ‘n minibus taxi voor hom aankruie…opdaad kry hy lus vir kaffer bliksem,, soos die nasionale sport van die tyd toe mos geheet het, en druk die taxi van die pad af…altwee voertuie stop skaars toe is die pel reeds by die taxi se deur, pluk oop en spring met swaaiende vuiste in…die Swart drywer, sprng by die ander voordeur uit en vlug ylings die veld in…met die pel in hot pursuit…die taxi drywer pluk toe ‘n rewolwer uit en vuur ‘n waarskuwings skoot, maar die pel is vol Dutch courage en hy KOM…dis toe dat die taxi bestuurder hom twee keer skiet, deur die been…waar hy soos ‘n os neerslaan ind ie veld en bly le totdat die polise opdaag…elke geval…het die kar nie dalk ‘n Sasol nommerplaat gehad nie?O ja, die pel het homslef jarre terug vrekgeskiet…deurie kop…was sed…
LikeLike
Ja, jy’s reg.Veral as mens heeltyd oor jou skouer moet loer en onskuldige mense vir slegs ‘n selfoon vermoor word.K@k ou storietjie om wat te bewys?..
LikeLike
piklekker ———-lekker woord!!!! ek gaan dit steel
LikeLike
Jy mag maar..Afrikaans is so ‘n lekker taal,jy kan omtrent elke dag ‘n nuwe woord maak.
LikeLike
Dis veiliger in Namibie. 🙂
LikeLike
Beslis,daar kan jy nog snags in ‘n rivierbedding kamp opslaan sonder om te wonder of jy dagbreek gaan sien.
LikeLike