Afrika ervaring deel1

Ek haal die volgende kostelike brief aan van iemand wat ons ken:

I arrived in Sierra Leone from Uganda, whilst still suffering from mild depression and low self esteem.As you know two large red necked vultures camped on my balcony in Kampala as soon as I checked in and observed every move I made,firstly with keen interest and later with visible disappointment.Upon leaving the hotel I commited to a future date to decide when to stop smoking and I have also decided to stick a quote from Virgin Active on my notice board.

I was met at the airport by an excited crowd consisting of boys in uniform with large guns and agents all trying to explain to me in Swahili( I think) the various options to get to Freetown.I decided to make use of Bennet which proved to be an unpopular choice with the crowd,but as you know,I am used to be physically abused.

Bennet owns a car (used in the widest possible sense) but it is really nothing more than an appliance with wheels.Looked very similar to a rag raft,after the beer’s finished,but before you put the flowers in the mesh.We followed a series of potholes, which they collectively call a road,for about an hour.The road then ended abruptly unlike Bennet’s car which required advanced driving skills to stop.

I was then confronted with more decisions.What I did not know,was that one can only reach Freetown by boat or ferry,which takes about an hour over a vast expanse of water.You have a choice of economy class or business class.Economy class consists of fairly large wooden boats manned by a group of about ten people.The captain operates the 4 horse power Briggs and Stratton engine,with nine assistants continuously bailing water with yellow containers.It cost R2 to board since strong young boys have got to physically carry you through about 30 metres of mud until you are dumped on the boat.The boat gets loaded until the freeboard is smaller than the margin on a credit insurance business. I hear some of these boats actually make it to Freetown.I decided not to take this option motivated by a simple calculation of dividing my weight by the square area of the carrier’s feet.I could see us slowly sinking in the mud,whilst I am hanging over the carrier’s shoulder like a boneless chicken and hanging on to my laptop,desperately trying to prevent the latest version of Marshall from being submersed!

Word vervolg…

Advertisements

Gautrein =Goutrein

Vanoggend het ons weer vir die eerste keer in ‘n jaar met hierdie heerlike trein Sandton toe gery.Ons was werklik verbaas om te sien dat die parkeerarea by Rhodesfieldstasie tjok en blok vol geparkeer was.Toe ons laas gery het,was daar baie oop parkeerspasies..dit was ook in die middel van ‘n werksweek.

‘n Ou galbraker het in gister se Beeld ‘n brief geskryf waarin hy vreeslike ingewikkelde somme maak wat bewys dat dit onmoontlik die tienmiljoenste passasier kon wees,wat verlede week op die trein gery het.Ek erken somme is nie my sterkste punt nie,maar dit smaak my,daar moet altyd een of ander ou suurknol wees wat naar word,wanneer iets ‘n sukses is.

Sulke mense kry jy oral.Selfs voor die treinprojek aan die gang gekom het,was ons eenkeer in geselskap waar hierdie doemprofeet,met OUTORITEIT, let wel, vertel het wat ‘n mislukking dit gaan wees.Ek wens ek kan die omie in die hande kry en hom saamsleep op die trein.

Wanneer ons Sandton toe ry,neem dit ons soms meer as ‘n uur-en-‘n-half,afhangende van die verkeer.Vanoggend het ons binne twintig minute stasie toe gery,twee minute vir die trein gewag en by tye teen honderd-en-sestig kilometer per uur Sandton toe gejaag.Ons is half-elf hier by ons huis weg en kwart-oor-elf in Sandton City..dis die loop na die sentrum ook ingesluit!

Op die trein is daar twee sekuriteitsbeamptes per wa en almal is baie vriendelik.Die instruksies is ook baie duidelik en ‘n mens kan nie maklik verkeerd gaan nie.

Nadat ons ons besigheid gedoen het,toebroodjies en koffie geniet het,was ons kwart voor twee alweer tuis.

Dis nou wat ek noem ‘n GOUTREIN! 

Landskappe

Daar is niks so mooi soos ‘n ongerepte landskap nie.Die wonderlike gevoel van stilte,wydsheid en grootsheid,prikkel die sintuie en bind alles saam in ‘n mens se diepste wese.

Hierdie tonele in Namibië is in Damaraland vasgelê.

Sonbesie

Jou eentonige geskreeu is besig om my mal te maak.

Dis ‘n hoë geluid wat teen duisende vibrasies per sekonde in my harsspan insny!

Die stilte waarvoor ek eens so lief was,is deesdae my grootste vyand,want wanneer dit stil is boor jy in my skedel in met jou eentonige vlymskerp,wanklankige,elektroniese gejil!

Soms wissel jy effens van intonasie,maar meestal is jy slegs ‘n rusverstoorder,wat geen genade ken vir die arme slagoffer,wat dag in en dag uit met jou liederlikheid moet saamleef.

Snags druk ek my kop in my kussing,om jou deurdringende klank te smoor,maar op een of ander manier slaag jy daarin om my diepste gedagtes en stilweesplekkies ongevraagd binne te kerf met jou skerpgevylde skalpel.

Was jou naam maar Cicada,pragtige groot mot met soms deurskynende vlerke en meer dikwels met pragtige kleurpatrone in jou mikroskopiese fyn veertjies.Was dit maar jy wat so pragtig gekamoefleerd wegsink in ‘n illusie,waar jy wegkruip teen ruwe boomstamme.Was dit maar jy,wat heimwee na lang warm somermaande losspeel met die groot vliese aan die kante van jou agterlyf..’n geluid om vroutjie nader te roep.Was jy maar die einde van die siklus eier,nimf,mot..sal ek jou verdra,maar helaas jou naam is

Tinnitus!Jy tokkel sonder ophou op die sinapses in my brein en vir die laaste ses maande het ek jou verdra.Dit raak soms net te erg,maar ek sal jou moet leer aanvaar,want jy is my metgesel totdat die dood ons skei!

Goeters

My oorlede pa sou nou gesê het,dat dit swak taalgebruik is om van “goeters” te praat.Maar ek is rêrig nou toé onder “goeters” en dik vir al my “goeters!”

Miskien is dit ‘n stadium in mens se lewe,waar jy besef dat aardse besittings eintlik nie meer belangrik is nie.Daar is ‘n tyd om op te gaar en ‘n tyd om weg te gooi.As jy ‘n opgaarder is,is dit ‘n pynlike proses.

Aangesien die winter nou in alle felheid toegeslaan het,gaan ek stuk vir stuk hierdie huis takel en elke dag iewers begin opruim.Ek gaan sommer by my waskamer begin.

Daar is ‘n lekker werksblad met jarre se ou stokperdjies..dis nou materiale,ritssluiters,knope,gare..toe ek nog self gedink het tuisskeppings is beter as gekooptes!Dan is daar ook ‘n borduurmasjien en alles waaraan jy kan dink..prentjies van vlinders,feetjies,beertjies,karretjies,babas..goeie ou dae toe ek nog waslappies en handdoeke met name op geborduur het!Die hekel-en breinaalde,saam met al die duisende patrone,gaan ook waai.Ag,dan is daar nog die spul krale,tangetjies,drade,hakies en ogies,waarmee ek halssnoere en armbandjies gemaak het.

Tussen alles is daar nog ‘n spul kampgoed van manlief en my oorlede woef se bedjie en kombersies,wat ek nou nog nie uitgegooi het nie!Hemel,dis nog net die waskamer en ek is al klaar moeg om net daaraan te dink!

Verder is daar vier kinderkamers om op te ruim.Die klompie is alreeds so met die jare hier uit met meeste van hulle goed,maar daar is steeds dinge wat hardnekkig hier vassteek,soos verouderde skool-en universiteitsboeke,kinderboekies en prentjies wat hulle geteken het.Natuurlik hang die kaste ook vol matriekafskeidrokke en aandrokke,wat nie meer gebruik word nie.Ek pleit skuldig,daar is ‘n tas bo-in ‘n kas,met al my ou aandrokke van lank gelede.Ek dink ‘n museum sal die spulletjie nie eers wil hê nie!

Dan kom ek by die papierwerk..wil nie eers daaraan dink nie!Al die ou bankstate,rekenings, versekerings- en belastingpapiere,gee my skoon ‘n hol kol op die maag.Die snippermasjien gaan oortyd werk en nes ek alles verwoes het,gaan ek iets daarvan nodig kry!

Laastens kom ek by my boeke.Ek gaan alles in bokse pak,net die mooistes uithou,die bokse in die garage bêre en oor ‘n maand weer al my boeke terugpak..swak plek..ek en boeke!

Die winter gaan lank wees en ek dink klaar ek moet liewer wag tot volgende jaar!

Kleedkamers

Kleedkamers het elkeen sy eie karakter en al is dit nie altyd die aangenaamste plek om te wees nie,is dit tog interessant om te sien hoe mense iets ouliks maak van die kleinhuisies!

Die volgende foto’s wys ‘n aantal mooi en kostelike aanwysings,wat ek op my omswerwinge teëgekom het.

Sonne meddie diere

Pas tans iemand se woef op.Ek noem liewer nie name nie.Mensig,maar hy is ‘n handvol!Ons is lief vir honde en vandat ons twee ou viervoete na ‘n beter plek vertrek het,is ons lekker los om te gaan waar ons wil en af en toe ‘n welwillendsheid oppassingtjie van ander viervoete te doen.

Maar nou kyk,hierdie oppassingtjie is nie net sommerso nie,dit veroorsaak ‘n gekners van tande en ek is alreeds op die”gums”!

Liefste dier,so pragtig,so lewendig, so ongedissiplineerd!Al wat hy reg doen is om buite te piepie en dan is dit ook bo-oor al die mooiste struike en tuinstoele.

Gaan wandel Sondag met hom,knapie hurk op iemand se mooi gemanikuurde sypaadjie en…daar lê my vermiste kous tussen bruin sousies!Gelukkig was dit bitter koud en met niemand in sig,kies ek die hasepad huis toe!

Vanoggend vroeg,is my pantoffel se hak omgesit in hondekos en my TVkamer se bank het skielik ‘n skeur in,waaruit die sponsrubber peul en oral soos ryskorrels gesaai lê!G’n mens weet wanneer hy dit gedoen het nie,want hy word uitgegooi en moet heeldag buite bly.

Buite is hy net so stout,hol soos ‘n beserker deur die tuin,met ‘n ou plastiekbottel,wat hy in die lug opgooi.Al die deure en vensters is vol krapmerke,want hy loods verwoeste aanvalle,wanneer hy jou binne sien.Weet nie hoe gaan ek ooit weer die merke uit die vensters kry nie!Die deure sal maar afgeskuur moet word.

Hy word elke dag vir ‘n laaang wandeling geneem,die tuin lê vol speelgoed,maar genugtig,die knapie bereik nooit zero nie.

Ek tel die slapies af…het nie meer energie vir jong honde nie!