Motorwrakke

Motorwrakke lê gestrooi oor die hele bar Namibiese landskap.Dis ook glad nie vreemd nie,want die ongelooflike afstande en onherbergsaamheid,sorg gereeld vir nóg ‘n voertuig om in sy spore tot stilstand te knars.

Elke ou karkas vertel sy eie storie van glorieryke dae,met ‘n gesonde brommende masjien,onder ‘n blinkgevryfde enjinkap tot by die treurige toestand van verval,langs vêr afgeleë paaie.

Hierdie ou Fordbakkie,met die Brandberg in die agtergrond, lê langs ‘n stil murasie..wuiwende grasse,sy enigste geselskap.

Staangemaak op klippe,staan slegs die raam van ‘n eens hardwerkende vragmotortjie oppad na nêrens.

Op sy dag,’n spogmotor! (ek dink dis ‘n Valliant)Net die wind verbreek die stilte en suis deur die stukkende sitplekke.

In my verbeelding sien ek ‘n gesin met gepakte tasse en ‘n piekniekmandjie vol padkos,oppad na die vêrre onbekende.

‘n Baie ou ryding,seker uit die dertigerjare.Moontlik ‘n ou Citroën?Ek kan maar net raai dat dit die motor van ryk Duitse kolonialiste kon wees.

 ‘n Ou vragmotorkajuit…met ‘n gekraakte voorruit wat lyk soos die web van ‘n spinnekop.

Hierdie ou wrakke sal seker nie meer lank rondlê nie,want die waarde van skrootstaal sal sorg vir ekstra geldjies in iemand se sak.

Dis nogtans so ‘n nostalgiese blik op ‘n tyd wat vir ewig verby is en dit laat mens besef hoe verganklik alles is!

17 Replies to “Motorwrakke”

  1. Bietjie baie wyd gestrooi ou PĂŞreby. Daar ry hoeka ‘n skrootmetaal spedialis saam met my deur NamibiĂ«, maar vir die natuur, niks met afval metaal te doen nie, en nee niemand gaan daai voertuise herwin vir die staal nie.

    Like

  2. Ek het soos ‘n mal ding aangegaan,moes by elke wrak stop en het selfs eenkeer in moederaarde in verdwyn,toe ek in ‘n grondeekhoring se gat getrap het..my vrek geskrik!

    Like

  3. Ja,maar oor hulle so baie gefotografeer word,het dit nie vir my dieselfde trefkrag as ‘n wrak op ‘n uiters verlate plek nie.

    Like

  4. Ek neem net nie motors af,wat in ongelukke was nie.Daar is baie van hulle ook.Ek wil nie tragedie vaslĂŞ nie.

    Like

  5. Ja,dit is,veral as mens so by die wrak staan met net die wind en son en stilte om jou.Dis ‘n anderster atmosfeer.

    Like

Leave a reply to loudavisi Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĂŞreld, vir die wĂŞreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĂŞ:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +