Ore

Ek sit nou die dag op ‘n lughawe en doen die gewone ding wat ‘n mens op lughawens doen..WAG!Om die tyd om te kry,sit ek in ‘n lekker posisie waar ek die mensdom kan dophou.Wat ‘n interessante spulletjie!

Dikkes,graatjies,langes,kortes,selfversekerdes,skames..almal loop en tik met vingertjies op elektroniese ware.Jissie,die moderne mens is só gekonnekteerd,dat hy eintlik gediskonnekteerd is.

Nietemin,naderhand begin ek die klomp om my dissekteer in kleiner stukkies.Ek begin by die ore.Ek kyk net na almal se ore.Wat ‘n openbaring!Skielik besef ek dat ‘n oor eintlik ‘n vreeslike eienaardige ding is,veral as jy hom losmaak van die lyf waarop hy vasgeplak is.

Sommige lyk soos netjiese pienk klein skulpies.Dan is daar die piepkleintjies,wat soos moesietjies langs die kop sit.Die groot,vlesiges met sulke lang harde hare wat soos Medusa-slange uitkrul,is die grillerigstes.Verskeie ore is dun en deurskynend,met blou are wat soos padkaarte daarop uitgedruk is.

Hier en daar doen ek ‘n meting met die oog saam en sien dat sommige gehoorskulpe van die kakebeen tot by die bokant van die draer se kop strek..verstommend!Dan is daar nog die assimetriese ore,waar elke oor aan dieselfde kop,totaal verskil.

Ek het heerlike binnepret en is maar te bly dat niemand besig is om ‘n studie van my twee bakoortjies te maak nie.

Volgende keer kyk ek net na neuse!

35 Replies to “Ore”

  1. My kind sê party mense se ore lyk soos gedroogde pere en dis nogal waar. Dis maar goed party mense het hare oor hul ore. Daar was ‘n skoolhoof by ‘n sekere skool wat H2O genoem is – Helse Twee Ore. Jy kan dink hoe hy aange”vlieg” gekom het in die oggende.

    Like

  2. Ek kan my ook verkyk aan mense, ek is mal daaroor! Sien gewoonlik die hare raak of mal om op ‘n dansbaan mense dop te hou… entlik oral, self in ‘n mall, ‘n restaurant, ag enige plek ek vergaap my behoorlik

    Like

  3. Ore is baie belangrik…jy kan basies alles van mens se toekoms aflei uit hul ore uit…ek het bv groot ore…bietjie soos Boeddha bv gehad het…maak maar jul afleidings…

    Like

  4. As jy na iemand kyk en die bokant van sy ore sit laer as sy oe moet jy weet……….hiers n paar varkies missing

    Like

  5. oë —- dis die eerste waarna ek kyk, maar net na meisies se oë, stel regtig nie belang in mans se anatomie nie, nie eintlik ook in my eie nie, ek is darem al lankal daaraan gewoond …

    Like

Leave a reply to Perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +