Wonderlike waterval

Die Epupawaterval in Namibië is die moeite werd om te besoek.Weggesteek in die Noord-Westelike hoek van hierdie uitgestrekte land, druis dié redelik onbekende waterval die dieptes in oppad na die koue Atlantiese-oseaan.Hierdie waterwonder is in die magtige Kunenerivier wat die Noordelike grens met Angola vorm.

Dis vêr om soontoe te ry en in die reëntyd is die pad daarheen baie sleg.Daar is ook nie veel om verder in daardie omgewing te doen nie en twee nagte se oorbly is genoeg om van ‘n lang reis te herstel.Die hitte en muskiete maak ook ‘n mens se wiele pap,maar die prag van die waterval kanselleer al die negatiewes uit.

Daar is ‘n pragtige herberg waar ‘n mens kan bly en verder is daar verskeie Himbakrale in die omgewing.Hier kan mens die Himbas se unieke leefwyse waardeer.

Missproei en ‘n gedruis prikkel die reisiger se nuuskierigheid.

Laatmiddagfoto vanaf die netjiese herberg teen die Kunenerivier

Ons moes ‘n hele entjie langs die rivier afstap vir hierdie uitsig oor die hoofwaterval.

Nogal interessant dat ons verby vrolike baddende Himba jongmanne moes loop..sommerso

daar in die rivier.

Die waterval maak verskillende vertakkings en dreun oor ‘n wye gebied in ‘n reuse skeur in.

Die waterval is te wyd om op een foto vas te lê.Oorkant lê Angola.

‘n Massiewe Geelriviervy en drie Kremetartbome klou verbete aan die verwerende rotswande.

Die natuur is die doepa wat my aan die gang hou!

Advertisements

22 thoughts on “Wonderlike waterval”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s