Sonne meddie diere

Pas tans iemand se woef op.Ek noem liewer nie name nie.Mensig,maar hy is ‘n handvol!Ons is lief vir honde en vandat ons twee ou viervoete na ‘n beter plek vertrek het,is ons lekker los om te gaan waar ons wil en af en toe ‘n welwillendsheid oppassingtjie van ander viervoete te doen.

Maar nou kyk,hierdie oppassingtjie is nie net sommerso nie,dit veroorsaak ‘n gekners van tande en ek is alreeds op die”gums”!

Liefste dier,so pragtig,so lewendig, so ongedissiplineerd!Al wat hy reg doen is om buite te piepie en dan is dit ook bo-oor al die mooiste struike en tuinstoele.

Gaan wandel Sondag met hom,knapie hurk op iemand se mooi gemanikuurde sypaadjie en…daar lê my vermiste kous tussen bruin sousies!Gelukkig was dit bitter koud en met niemand in sig,kies ek die hasepad huis toe!

Vanoggend vroeg,is my pantoffel se hak omgesit in hondekos en my TVkamer se bank het skielik ‘n skeur in,waaruit die sponsrubber peul en oral soos ryskorrels gesaai lê!G’n mens weet wanneer hy dit gedoen het nie,want hy word uitgegooi en moet heeldag buite bly.

Buite is hy net so stout,hol soos ‘n beserker deur die tuin,met ‘n ou plastiekbottel,wat hy in die lug opgooi.Al die deure en vensters is vol krapmerke,want hy loods verwoeste aanvalle,wanneer hy jou binne sien.Weet nie hoe gaan ek ooit weer die merke uit die vensters kry nie!Die deure sal maar afgeskuur moet word.

Hy word elke dag vir ‘n laaang wandeling geneem,die tuin lê vol speelgoed,maar genugtig,die knapie bereik nooit zero nie.

Ek tel die slapies af…het nie meer energie vir jong honde nie! 

Advertisements

31 thoughts on “Sonne meddie diere”

  1. So ‘n klein brakkie kan verskriklik baie skade aanrig en party honde kan mos nie geleer word nie. Sterkte. Gelukkig kan hy darem in die tuin rondhol. Gaan koop maar solank die vernis vir die deure. ;D

    Like

  2. Hy is al twee jaar oud,’n middelslaghond,maar met energievlakke wat deur die dak gaan!Dalk moet ek hom op Rittelen sit?

    Like

  3. Sjoe dis erg! En mens kan seker ook nie van die eienaars verwag om al die skade reg te maak nie. Ek bly nou maar eenmaal ‘n kat mens, al moet ek erken dat my gordyne ook maar lekker deurloop onder hulle.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s