Goeters

My oorlede pa sou nou gesê het,dat dit swak taalgebruik is om van “goeters” te praat.Maar ek is rêrig nou toé onder “goeters” en dik vir al my “goeters!”

Miskien is dit ‘n stadium in mens se lewe,waar jy besef dat aardse besittings eintlik nie meer belangrik is nie.Daar is ‘n tyd om op te gaar en ‘n tyd om weg te gooi.As jy ‘n opgaarder is,is dit ‘n pynlike proses.

Aangesien die winter nou in alle felheid toegeslaan het,gaan ek stuk vir stuk hierdie huis takel en elke dag iewers begin opruim.Ek gaan sommer by my waskamer begin.

Daar is ‘n lekker werksblad met jarre se ou stokperdjies..dis nou materiale,ritssluiters,knope,gare..toe ek nog self gedink het tuisskeppings is beter as gekooptes!Dan is daar ook ‘n borduurmasjien en alles waaraan jy kan dink..prentjies van vlinders,feetjies,beertjies,karretjies,babas..goeie ou dae toe ek nog waslappies en handdoeke met name op geborduur het!Die hekel-en breinaalde,saam met al die duisende patrone,gaan ook waai.Ag,dan is daar nog die spul krale,tangetjies,drade,hakies en ogies,waarmee ek halssnoere en armbandjies gemaak het.

Tussen alles is daar nog ‘n spul kampgoed van manlief en my oorlede woef se bedjie en kombersies,wat ek nou nog nie uitgegooi het nie!Hemel,dis nog net die waskamer en ek is al klaar moeg om net daaraan te dink!

Verder is daar vier kinderkamers om op te ruim.Die klompie is alreeds so met die jare hier uit met meeste van hulle goed,maar daar is steeds dinge wat hardnekkig hier vassteek,soos verouderde skool-en universiteitsboeke,kinderboekies en prentjies wat hulle geteken het.Natuurlik hang die kaste ook vol matriekafskeidrokke en aandrokke,wat nie meer gebruik word nie.Ek pleit skuldig,daar is ‘n tas bo-in ‘n kas,met al my ou aandrokke van lank gelede.Ek dink ‘n museum sal die spulletjie nie eers wil hê nie!

Dan kom ek by die papierwerk..wil nie eers daaraan dink nie!Al die ou bankstate,rekenings, versekerings- en belastingpapiere,gee my skoon ‘n hol kol op die maag.Die snippermasjien gaan oortyd werk en nes ek alles verwoes het,gaan ek iets daarvan nodig kry!

Laastens kom ek by my boeke.Ek gaan alles in bokse pak,net die mooistes uithou,die bokse in die garage bêre en oor ‘n maand weer al my boeke terugpak..swak plek..ek en boeke!

Die winter gaan lank wees en ek dink klaar ek moet liewer wag tot volgende jaar!

31 Replies to “Goeters”

  1. Wag tot volgende jaar. Naderhand bly net n ou se bed, jou kassie langsaan met jou brille en pille oor. Goeters is n ou se verlede, hede en miskien kry mens dit tog nodig vorentoe.

    Like

  2. O, ek identifiseer heelhartig! Natuurlik gaan jy iets nodig kry sodra jy dit weggemaak het, maar as jy dit nog het, gaan jy dit nooit nodig kry nie – hmm, miskien is dit ‘n nuwe uitbreiding van Murphy se wet? Sterkte…

    Like

  3. Ek gaan deur sulke stadiums wat alles net te veel word, en op die einde sien ek dat alles (meeste)net verplaas is. Het wel laas vakansie bakkievragte weggery hopland toe. Matrasse en lakengoed ens.. Sal maar nuwes koop as ek iets mis.Ek begeer minimalisme!

    Like

  4. sterkte! Daai ‘goeters’ kry mos kleintjies en vermenigvuldig totdat mens eendag nie kan glo hoeveel daar is nie…

    Like

  5. my goete is ook geheel en al te veel. besef dit veral hier waar ek tydelik met die absolute minimun klaarkom

    Like

  6. Hoe gouer jy begin, hoe gouer is jy klaar. En glo my, actually is dit heel lekker. Mens ontdek weer dinge waarvan jy heel vergeet het.Ek het so paar maande gelede getrek en SKOONgemaak. Die heel beste deel daarvan is daardie gevoel na die tyd! Wow, jy is so trots op jouself en voel sommer “lig”!Sterkte met jou taak…

    Like

  7. Ek het met ons laaste twee trekke, uit Jhb en weer terug; goed skoongemaak. Die kinders se aandrokke van al die skool en universiteits danse is na die kinderhuis toe en my patrone en materiaal na ‘n vrou wat vroue leer naaldwerk doen. (My ma se aandrokke van die 1950-60’s wat sy vir my gegee het jare terug, het ek gehou.) My kinders se konsertklere is lekker dress up speelgoed en ek hou dit ook. Maar dis bevrydend om so skoon te maak. My skoonma het juis vanaand vir my haar oorlede skoonma se Sheffield beenhefmesse en vurke gegee. Eendag gaan ek seker ook maar dit net aangee na die kinders.

    Like

  8. Nee, hou op, jy maak my moeg! Dit klink veels te veel na my, opgaarder, se buitekamers. Ek dink net ek het baie meer gemors. Vir manlief gese dat ek hierdie vakansie ‘n plan moet maak. Hoe eet ‘n mens ‘n olifant???? Happie vir happie… hopelik.

    Like

  9. Ek het al die papierwerk klaar en is besig om dit te versnipper.Ek dink ek is nou sommer klaar tot volgende keer!

    Like

  10. Klink soos die Lewies-woning! Ons gee klere vir Solidariteit en goeters vir Hospice–hulle lyk heel happy daarmee.

    Like

Leave a reply to sirpsa Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +