Sonbesie

Jou eentonige geskreeu is besig om my mal te maak.

Dis ‘n hoë geluid wat teen duisende vibrasies per sekonde in my harsspan insny!

Die stilte waarvoor ek eens so lief was,is deesdae my grootste vyand,want wanneer dit stil is boor jy in my skedel in met jou eentonige vlymskerp,wanklankige,elektroniese gejil!

Soms wissel jy effens van intonasie,maar meestal is jy slegs ‘n rusverstoorder,wat geen genade ken vir die arme slagoffer,wat dag in en dag uit met jou liederlikheid moet saamleef.

Snags druk ek my kop in my kussing,om jou deurdringende klank te smoor,maar op een of ander manier slaag jy daarin om my diepste gedagtes en stilweesplekkies ongevraagd binne te kerf met jou skerpgevylde skalpel.

Was jou naam maar Cicada,pragtige groot mot met soms deurskynende vlerke en meer dikwels met pragtige kleurpatrone in jou mikroskopiese fyn veertjies.Was dit maar jy wat so pragtig gekamoefleerd wegsink in ‘n illusie,waar jy wegkruip teen ruwe boomstamme.Was dit maar jy,wat heimwee na lang warm somermaande losspeel met die groot vliese aan die kante van jou agterlyf..’n geluid om vroutjie nader te roep.Was jy maar die einde van die siklus eier,nimf,mot..sal ek jou verdra,maar helaas jou naam is

Tinnitus!Jy tokkel sonder ophou op die sinapses in my brein en vir die laaste ses maande het ek jou verdra.Dit raak soms net te erg,maar ek sal jou moet leer aanvaar,want jy is my metgesel totdat die dood ons skei!

43 Replies to “Sonbesie”

  1. My kat het eendag ‘n sonbesie gevang en die huis ingedra. Het jy enige idee hoeveel adrenelien mens ontwikkel drieuur in die oggend as daai sonbesie langs jou op die bed begin skree.

    Like

  2. Perdebytjie prober White Noise. Sit n tv aan in jou kamer wat nie ingestel is nie en daai suispatroon afgee. Ek hoor dit werk soms.

    Like

  3. Een van die teorieë oor hoekom Van Gogh sy oor afgesny het, is dat hy so ‘n sonbesie in sy kop gehad het.Is dit nie maar net vog op jou ore en verbygaande van aard nie?

    Like

  4. Het toetse laat doen,gehoorverlies en verkalking van die binne-oor is die oorsaak.G’n wonder Beethoven was ook depressief nie.Al is jy doof,bly die gesuis met jou.Dis nie ‘n gesuis nie..eerder soos ‘n skril elektroniese klank,amper soos ‘n tandarts se fyn boor.

    Like

  5. Ja,het opgelees oor sonbesies in Erik Holm se Inseklopedie.Daar is ten minste 160spesies,dus kan hulle deurskynende vlerke hê,soos bont motte lyk ens,maar gil,die gil hulle!

    Like

  6. Maankind hoekom beveel jy nie Reiki aan of druppeltjies of watookal deesdae die hot nuwe medisyne op die ou tannie network is nie.

    Like

  7. e-Boeke is. Sy het gister op Facebook pak gekry oor sy gesê het Reiki is ‘n kuur vir kanker. Dit was baie snaaks.

    Like

  8. O,nou verstaan ek.Dankie vir jou raad,ek gaan dit beslis probeer.Ek het nounet vir jou ‘n privaatboodskap probeer stuur,maar dit wil nie werk nie.Blykbaar is die adres verkeerd.

    Like

  9. Ek het eenkeer vir die kinders by die skool R2 aangebied vir elke sonbesie wat hulle vir my bring…lewendig of dood. Dit het niks gehelp nie, want mens kan die klein pessies nie sien nie, of hulle is te hoog. Ek wil NOOIT aan Tinnitus lei nie – hoor my lied! Sterkte hoor

    Like

  10. Myne was ‘n trompetjie in my oor tot ek ‘n Natura produk daarvoor gebruik het. Snake oil, ek weet, maar nou is daar net ‘n gesuis oor.

    Like

  11. Die gesuis is seker die slang se gesis wat in die Snakeoil vasgevang is!Dis maar erg en ons moet maar grappies maak daaroor!Dankie vir die inloer.

    Like

  12. mens raak gewoond daaraan — soos krewe wat gewoond raak daaraan om lewendig in kookwater gegooi te word om gaar te word?

    Like

  13. dra ook so misbakseltjie in my kop rond! al vir lange jare.Soms erg bewus daarvan, soms vergeet jy tog en hoor dit nie regtig nie

    Like

  14. Ag nee – het net gisteraand daaraan gedink toe ek ook in die stilte bewus raak daarvan. ‘n Dierbare vriendin se man het dit in ‘n baie erge graad en hy is ‘n musikus…. Ai. Sonbesies! My hart sak in my skoene as ek hoor hulle skree iewers en beplan om na hier naby te trek. Erg, maar later vergeet ‘n mens van hulle.

    Like

    1. Ek het hierdie pos in 2012 geskryf, dus ses jaar later, is ek al so gewoond daaraan, dat ek dit nie meer agterkom nie. Ek hoor net nie goed verby die geraas nie😝Wys net hoe aanpasbaar mens kan wees as jy wil😃

      Liked by 1 person

  15. Are there treatments that can help me?
    Tinnitus does not have a cure yet, but treatments that help many people cope better with the condition are available. Most doctors will offer a combination of the treatments below, depending on the severity of your tinnitus and the areas of your life it affects the most.

    Hearing aids often are helpful for people who have hearing loss along with tinnitus. Using a hearing aid adjusted to carefully control outside sound levels may make it easier for you to hear. The better you hear, the less you may notice your tinnitus. Read the NIDCD fact sheet Hearing Aids for more information.
    Counseling helps you learn how to live with your tinnitus. Most counseling programs have an educational component to help you understand what goes on in the brain to cause tinnitus. Some counseling programs also will help you change the way you think about and react to your tinnitus. You might learn some things to do on your own to make the noise less noticeable, to help you relax during the day, or to fall asleep at night.
    Wearable sound generators are small electronic devices that fit in the ear and use a soft, pleasant sound to help mask the tinnitus. Some people want the masking sound to totally cover up their tinnitus, but most prefer a masking level that is just a bit louder than their tinnitus. The masking sound can be a soft “shhhhhhhhhhh,” random tones, or music.
    Tabletop sound generators are used as an aid for relaxation or sleep. Placed near your bed, you can program a generator to play pleasant sounds such as waves, waterfalls, rain, or the sounds of a summer night. If your tinnitus is mild, this might be all you need to help you fall asleep.
    Acoustic neural stimulation is a relatively new technique for people whose tinnitus is very loud or won’t go away. It uses a palm-sized device and headphones to deliver a broadband acoustic signal embedded in music. The treatment helps stimulate change in the neural circuits in the brain, which eventually desensitizes you to the tinnitus. The device has been shown to be effective in reducing or eliminating tinnitus in a significant number of study volunteers.
    Cochlear implants are sometimes used in people who have tinnitus along with severe hearing loss. A cochlear implant bypasses the damaged portion of the inner ear and sends electrical signals that directly stimulate the auditory nerve. The device brings in outside sounds that help mask tinnitus and stimulate change in the neural circuits. Read the NIDCD fact sheet Cochlear Implants for more information.
    Antidepressants and antianxiety drugs might be prescribed by your doctor to improve your mood and help you sleep.

    Liked by 1 person

  16. Wat een herkenbaar stuk is dit.
    Helaas heb ook ik daar last van maar laat je niet gek maken dat heeft toch geen zin.
    Ik leef er ook al jaren mee en ja het blijft bij ons tot den dood.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +