Weerkaatsings

'n Mens se lewe is soos 'n weerkaatsing.Soms is dit helder en gedefiniëerd en ander kere is dit dof en melkerig.Elkeen van ons se weerkaatsings lê in wat andere teenoor ons terugkaats,hetsy dit vriendelikheid,liefde,medemenslikheid en ook soms die lelike sy van menswees is. Ek het al ondervind,dat hoe meer positief jou weerkaatsing is,hoe meer positiewe energie word teruggekaats.Hoe …

Amakrok

Ek gaan vanoggend soos gewoonlik op 'n Vrydagoggend na my oefenklas toe.Ek voel gesond en fiks,kan nie wag om met my vriendinne daar te klets voordat ons begin nie.Alles verloop goed..ons draf agter mekaar in 'n sirkel,vleg in en uit tussen oranje hoedjies op die vloer,doen later strek oefeninge om die stywe koue spiere te …

Besondere leeus!

Tydens ons ekskursie in die Okavangomoeras,het ons die voorreg gehad om met besondere leeus te doene te kry.Omdat dit so nat en waterryk is,het hierdie leeus oor 'n tydperk aangepas om te swem en hulle prooi bestaan hoofsaaklik uit buffels.Dis eintlik uitsonderlik dat dit hul primêre prooi is,want 'n buffel is 'n magtige dier en …

Waterparadys

Ons was twee jaar gelede op 'n wonderlike plek,genaamd Duba Plains,in die Okavango Delta.Dis 'n fantastiese waterwêreld,en by tye voel dit of jy vinne en kiewe moet groei om hier aan te pas!In Junie en Julie elke jaar,is die moeras op sy volste,wanneer die reëns uit Angola,met verskeie riviere uitmond in hierdie pragtige paradys. 'n …

Adoons-hulle

Bobbejane is een van my gunsteling diere. Ek kan hulle ure lank dophou.Hierdie twee het so gesit en visvang, dat hulle koppe eintlik geknik het, soos wanneer klein kindertjies veg teen die vaak. Hulle is inwoners van die Mahango Wildreservaat in die Caprivistrook in Namibië.

Vrystaat!

Ons eie Vrystaat is in eie reg 'n pragtige plek.Verlede naweek was ons vir twee dae op 'n pragtige plaas in die Memeldistrik.Dit was ysig koud,maar die heerlike hout-kaggelvuur en lekker wyn plus die pragtige omgewing,was sielekos vir dié uitgemergelde Gautengers. Veral mooi, is die sandsteengebergtes en die wye oop grasvelde tussenin.Geniet dit saam met …