Waterparadys

Ons was twee jaar gelede op ‘n wonderlike plek,genaamd Duba Plains,in die Okavango Delta.Dis ‘n fantastiese waterwêreld,en by tye voel dit of jy vinne en kiewe moet groei om hier aan te pas!In Junie en Julie elke jaar,is die moeras op sy volste,wanneer die reëns uit Angola,met verskeie riviere uitmond in hierdie pragtige paradys.

‘n Mens kan nie die belewenis beskryf nie en ‘n besoek hierheen,moet op elkeen se lewenslysie wees!

Uitsig uit ons tent..water,water,water!Troppe buffels waad gedurig hierdeur en dan klink dit soos ‘n supersoniese vliegtuig,soos wat die water raas!

Hierdie is die allerdaagse pad wat ons heeltyd gery het.Nie vir die bang mens nie!

Net as jy dink jy is op droë grond,wag DIT vir jou!

Toemaar,daar is die brug,maar om daar te kom..!!

Veilig die brug bereik,nou ‘n eindelose ent oor hierdie houtbrug oor ‘n diep area in die moeras.

Dis nie ‘n boot nie,maar die voertuig se armleuning aan my kant.Bring die roeispane!

Veilig oor die brug en weer op “vaste grond”!Water,water,water!

Advertisements

29 thoughts on “Waterparadys”

  1. Gelukkig het ons ‘n gids gehad,wat elke dag hier ry.Hy was baie rustig en ervare en het stadig gery asof dit ‘n gewone pad was.’n Mens mag nie self in hierdie area ry nie,want dis ‘n konsessie wat aan die beroemde natuurfotograwe,Derick en Beverley Joubert,behoort.

    Like

  2. O Nee! vir my gaan jy nie daar kry as daar nie ‘n vliegveld is nie.Moet egter byvoeg dat dit baie mooi is, sal net te senu tergend wees om daar te kom

    Like

  3. Absoluut waar, mens kan dit nie beskryf nie selfs fotos kan nie weergee as om werklik op die plek te wees nie. Wat ‘n voorreg het ek gehad om paar jaar in Francistown te woon en Botswana werklik plat te ry!! Goeie herinneringe!

    Like

  4. Ek sou heeltyd maar net my oë toegeknyp het en darem so nou en dan geloer het na die pragtige, pragtige natuurskoon. Die water is net te veel vir iemand wie se kiewetjies al kleintyd toegegroei het.

    Like

  5. Jy kan net invlieg soontoe,want dis werklik amper onmoontlik om daar te kom,behalwe wanneer die moeras nie so vol is nie..dit gebeur in droë jare.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s