Besondere leeus!

Tydens ons ekskursie in die Okavangomoeras,het ons die voorreg gehad om met besondere leeus te doene te kry.Omdat dit so nat en waterryk is,het hierdie leeus oor ‘n tydperk aangepas om te swem en hulle prooi bestaan hoofsaaklik uit buffels.Dis eintlik uitsonderlik dat dit hul primêre prooi is,want ‘n buffel is ‘n magtige dier en beslis nie die maklikste om te jag nie.Ons het hulle dopgehou waar hulle heeltyd ‘n trop buffels agtervolg..deur die water en onder uiters moeilike omstandighede.

Dit was ongelooflik om te sien hoe die kleingoed deur die water swem,elkeen met die voorpote gehaak aan die vorige een en hoe die twee volwasse wyfies die voor- en agterhoede vorm,om hulle te beskerm.’n Mens moet in gedagte hou dat die water vol krokodille,slange en ander onsigbare gevare is.

Hier stap hulle in gelid die water binne.’n Yslike trop buffels is pas die water in en hierdie spannetjie laat hulle nie so maklik afskud nie!

Ma stap voor en kleingoed is vol vertroue agterna.Die kleinste enetjie kyk maar bietjie onseker terug,maar sien darem vir ouma wat die agterhoede dek! 

Hier is dit al lekker diep en swem moet hulle swem!

Help Mammie,nie so vinnig nie!Kinders,klou vas en kom,daar is nie tyd om te mors nie!

Dankie tog,amper op droë grond!Babatjie bly effens agter.

Mamsie en Junior rek nou hul nekke om te sien waar daardie klomp nors buffels nou is.

Die natuur is ongelooflik!Hierdie diere moes noodgedwonge aanpas om te swem en buffels as hoofprooi te vang,of uitwissing in die oë staar.Dis waar die term “natuurlike seleksie”,tot sy volste reg kom.Net die sterkstes en aanpasbaarstes sal oorleef.

Advertisements

42 thoughts on “Besondere leeus!”

  1. As jy dit in die natuur sien afspeel,is dit grusaam.Ek huil eers oor die arme prooi en as die leeu se vangpoging misluk,huil ek oor die arme leeu!

    Like

  2. Neander,ek het al gewonder of hierdie leeus nie oor ‘n tydperk gewebde pote gaan ontwikkel nie.Dit behoort nogal interessant te wees om oor so ‘n paar honderd jaar te sien hoe hulle evoleer.Hulle pelse sal dalk ook dikker en waterdig word.

    Like

  3. Jip, evolusie en genetika is onvoorspelbaar. Walvisse (50m) en see reptiele (180m)was ook eers landdiere, so die beginsel is heeltemal moontlik.

    Like

  4. Duba Plains is sekerlik die beste konsessie in die Okavango.Leeus wat Buffels jag is dood normaal, hetsy Kruger, Zambesi vallei of waar ookal. Teen amper R 10 000 per persoon per nag om “in seisoen” by Duba Plains kamp te oornag is daardie plek vir min beskore.

    Like

  5. Jy is heeltemal reg dat leeus enige plek buffels vang,maar op Duba Plains is dit hulle primêre prooi en hulle volg heeltyd die buffels oop en bloot.Dis wat dit so besonders maak.Ook die feit dat die buffels en leeus omtrent heeltyd in water beweeg.Ek sal net die bewoording van my blog verander,anders skep dit ‘n wanindruk.Dankie dat jy my daarop gewys het.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s