Besondere leeus!

Tydens ons ekskursie in die Okavangomoeras,het ons die voorreg gehad om met besondere leeus te doene te kry.Omdat dit so nat en waterryk is,het hierdie leeus oor ‘n tydperk aangepas om te swem en hulle prooi bestaan hoofsaaklik uit buffels.Dis eintlik uitsonderlik dat dit hul primêre prooi is,want ‘n buffel is ‘n magtige dier en beslis nie die maklikste om te jag nie.Ons het hulle dopgehou waar hulle heeltyd ‘n trop buffels agtervolg..deur die water en onder uiters moeilike omstandighede.

Dit was ongelooflik om te sien hoe die kleingoed deur die water swem,elkeen met die voorpote gehaak aan die vorige een en hoe die twee volwasse wyfies die voor- en agterhoede vorm,om hulle te beskerm.’n Mens moet in gedagte hou dat die water vol krokodille,slange en ander onsigbare gevare is.

Hier stap hulle in gelid die water binne.’n Yslike trop buffels is pas die water in en hierdie spannetjie laat hulle nie so maklik afskud nie!

Ma stap voor en kleingoed is vol vertroue agterna.Die kleinste enetjie kyk maar bietjie onseker terug,maar sien darem vir ouma wat die agterhoede dek! 

Hier is dit al lekker diep en swem moet hulle swem!

Help Mammie,nie so vinnig nie!Kinders,klou vas en kom,daar is nie tyd om te mors nie!

Dankie tog,amper op droë grond!Babatjie bly effens agter.

Mamsie en Junior rek nou hul nekke om te sien waar daardie klomp nors buffels nou is.

Die natuur is ongelooflik!Hierdie diere moes noodgedwonge aanpas om te swem en buffels as hoofprooi te vang,of uitwissing in die oë staar.Dis waar die term “natuurlike seleksie”,tot sy volste reg kom.Net die sterkstes en aanpasbaarstes sal oorleef.

42 Replies to “Besondere leeus!”

  1. Ek is een van daai volstruis mense wat nie wil weet dat leeus moet eet en dat net die sterktes van enige spesie soms alleen oorleef

    Like

  2. Die leeus loop oop en bloot saam met die buffels,waar hulle ookal gaan.Wanneer hulle wil jag,is geen buffel sy lewe seker nie.

    Like

  3. As jy dit in die natuur sien afspeel,is dit grusaam.Ek huil eers oor die arme prooi en as die leeu se vangpoging misluk,huil ek oor die arme leeu!

    Like

  4. Neander,ek het al gewonder of hierdie leeus nie oor ‘n tydperk gewebde pote gaan ontwikkel nie.Dit behoort nogal interessant te wees om oor so ‘n paar honderd jaar te sien hoe hulle evoleer.Hulle pelse sal dalk ook dikker en waterdig word.

    Like

  5. Jip, evolusie en genetika is onvoorspelbaar. Walvisse (50m) en see reptiele (180m)was ook eers landdiere, so die beginsel is heeltemal moontlik.

    Like

  6. Duba Plains is sekerlik die beste konsessie in die Okavango.Leeus wat Buffels jag is dood normaal, hetsy Kruger, Zambesi vallei of waar ookal. Teen amper R 10 000 per persoon per nag om “in seisoen” by Duba Plains kamp te oornag is daardie plek vir min beskore.

    Like

  7. Jy is heeltemal reg dat leeus enige plek buffels vang,maar op Duba Plains is dit hulle primêre prooi en hulle volg heeltyd die buffels oop en bloot.Dis wat dit so besonders maak.Ook die feit dat die buffels en leeus omtrent heeltyd in water beweeg.Ek sal net die bewoording van my blog verander,anders skep dit ‘n wanindruk.Dankie dat jy my daarop gewys het.

    Like

  8. Ja,dit kan videos neem,maar ek gebruik dit nooit.Ek weet nie wat dit gekos het nie,dit was manlief sn voor hy opgegradeer het.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +