Amakrok

Ek gaan vanoggend soos gewoonlik op ‘n Vrydagoggend na my oefenklas toe.Ek voel gesond en fiks,kan nie wag om met my vriendinne daar te klets voordat ons begin nie.Alles verloop goed..ons draf agter mekaar in ‘n sirkel,vleg in en uit tussen oranje hoedjies op die vloer,doen later strek oefeninge om die stywe koue spiere te rek en val toe weg met die daaglikse program van een uur.

Ek woel en rek en lig bene en swaai die arms en skop my agterent met my voet,terwyl ek soos ‘n tafelblad teen die reling (“bar”) staan.Nog steeds niksvermoedend,word die bene met groot rekke vasgebind,vir ekstra weerstand,wanneer ons in lêende posisie,eers op een sy die een been vyftig maal lig en dan omdraai vir dieselfde beweging op die ander sy.

Met die omdraaislag,voel dit of die hele aarde draai.Ek steur my nie veel daaraan nie,want dit gebeur soms en ek weet ou middeloor gooi partykeer my balans uit.Ek kom so effe reg,maar toe ek opstaan,moet ek aan die muur klou om regop te bly.Die instruktrise sien teen hierdie tyd my dilemma en ek verseker haar dat ek net in regop posisies moet bly,dan sal ek reg wees.

Nodeloos om te sê,dit voel naderhand of my oge omdop en in my brein ingluur.Koue sweet slaat op my uit en ek ruik skielik vir myself soos ‘n klein hondjie of soos seuntjies wat na pouse in ‘n klas inkom.Ek besef daar is probleme en besluit om liewer huis toe te gaan.Na ‘n gespook om aan te trek,dop ek heeltemal om toe ek buk om by my skoene te kom.Gelukkig het ek gesit en slaan soos ‘n os agteroor en my oë rol en rol en rol..te afgryslik vir woorde!Naar volg toe ook,maar gelukkig kon ek die katte tem,sodat ek nie voor almal ‘n verdere spektakel van myself maak nie!

Twee goeie Samaritane neem my toe huis toe,die een bestuur my karretjie en die ander een volg om nommer een weer terug te neem oefenklas toe.Tuis kruip ek letterlik tot in die stort en hang soos ‘n vlermuis aan die krane.Gelukkig is manlief byderhand en later lê ek soos ‘n zombie op die bed.

Ek het ‘n goeie uur geslaap en voel nou weer perdfris.Die oorsaak van die tydelike swakheid..Vertigo..alles te doen met middeloor,balans,ens.Google dit vir verder inligting.

‘n Mens beplan jou dag en dan gebeur so iets en verander die hele prentjie!

Advertisements

44 thoughts on “Amakrok”

  1. Ek het daai vertigo ding bykans permanent…moenie vinnig opkyk of afkyk nie…moenie vlieg nie…moet net horisonraal wees, nie verti(kaal)go wees nie. Dr het pille gegee, toe is ek goedkoop dronk daarvan. Dit was die ergste aanval wat ek ooit beleef het (na die pille) Wees maar vir die res van jou lewe bedag daarop dat dit kan gebeur en baie sterkte word jou van ‘n ou kenner toegewens.xx

    Like

  2. Was daar,het pille gekry om dit te stabiliseer.Hoop nie dit gebeur as ek bestuur nie.Sal maar my kop stadig draai soos wat Lou doen.

    Like

  3. Dankie vir die raad.Ek het dit al ‘n paar keer gehad,maar vandag was die ergste ooit.Gelukkig het die pille gehelp en darem nie soos met jou gemaak nie!

    Like

  4. sjoe…is daar niks soos fisio of langtermyn lae impak pilates (wat jy staaaaadig aanpak, sodat jy in ‘fases’ die probleem uitoefen) wat kan help nie?

    Like

  5. Ek glo nie,dis maar seker ‘n ouderdomsding ook..verkalking en so aan..nie dat ek oud is nie hoor!Blykbaar kry meer vrouens dit,as mans

    Like

  6. Serial KillingLocation: South Carolina, United StatesDate: 1953 – 1982Crime: Donald ‘Pee Wee’ Gaskins was known as the Police have him linked to more than 80 killings, and in his memoirs, Gaskins admits to having killed 181 people.Biography: Donald Henry Gaskins was born, March 31, 1933 in Florence County, South Carolina and spent much of his youth in reform school. He was never a good student and at a very young age began his criminal career with a series of petty thefts. His violent streak was on display at a young age as well for during one burglary, he struck a woman on the head with a hatchet and left her to die. She survived and Gaskins was sent to serve out a custodial sentence at reform school. Upon his release, he began committing insurance fraud and was soon arrested for attacking a teenage girl with a ball peen hammer. He was sent off to prison for six years. In prison, Gaskins’ slight build earned him the nickname ‘Pee Wee’ and also contributed to his being physically and sexually abused. In 1953, at the State Penitentiary, Gaskins killed for the first time, claiming that he needed to earn a fearsome reputation to keep himself from being abused. In 1969, Gaskins began torturing and killing hitchhikers for pure pleasure. Then in 1970, he began a series of self-described ‘Serious Murders’. These were people that he knew and killed for personal reasons, such as having once mocked him, owing him money or because he had been paid to kill th Sentenced to life in prison, Gaskins killed one final time. He rigged an explosive device up inside of a portable radio and blew the head off of a fellow death row inmate. This gruesome murder earned him the nickname of ‘The Meanest Man in America’ and led to his death sentence. he told his life story to a journalist and confessed to more than 100 additional murders,

    Like

  7. Dr. Harold Shipman Details : Category: Serial KillingLocation: United KingdomDate: Believed to have begun in 1975 until his arrest in September of 1998Crime: The most prolific known serial killer in history with 218 murders credited at his hand, however, authorities believe the number may be more than 250. Most of his victims were elderly females, with the majority of the deaths believed to be by lethal injections of medicines, such as diamorphine. While serving life imprisonment, Shipman hanged himself in his cell.

    Like

  8. Ek los vir jou die onderste tweetjeis en hieride link…ek vertrou dat jy sommer self die feite sal uitvind voor jy my weer beslukdig van valse sensasies…witmense is bloeddorstig en moodadig…oor en uit…

    Like

  9. Hierdie si ook merkwaardig…more things change…Herman Webster MudgeDate: 1888 – 1894Crime: One of the most bizarre Serial killers of all time, Mudgett had a special ‘murder house’ constructed in time for the Chicago Worlds Fair. No builder ever worked on the property long enough to piece together the purpose of the macabre residence that was being built. Police believe as many as 250 young women were tortured, raped and killed in the hotel.Biography: Also known as Dr. Henry Howard Holmes, he was born in May 1861 in Gilmanton, New Hampshire. He went to medical school at the University of Michigan and while there, devised a scheme whereby he would steal corpses and collect insurance money on policies that he took out on them. After graduating, he moved to Chicago and began practicing pharmacy. In 1886, construction began on his three-story building, which he planned to use as a hotel for the World’s Fair in 1893. The upper floors were a maze of odd hallways, windowless rooms, doors that opened to brick walls and stairways that led to nowhere. The basement of the facility contained a huge acid pit and two large furnaces for body disposal. Mudgett would select his female victims, and torture them in a variety of ways in any one of the rooms in the upper floors of the building. He had constructed soundproof rooms fitted with gas-lines for asphyxiation, others were locked in an air-tight vault where they suffocated, others were tortured to the point of death. Some of the bodies were stripped of their flesh and sold to medical schools, other bodies were sold to institutions for organ study. After the World’s Fair, he abandoned his hotel and fled to Texas where he murdered two sisters who were heiresses to a major railroad. Once in custody, police led to the hotel where they discovered the most gruesome evidence . He was hanged

    Like

  10. Ek is bly dat jy darem tussen mense was toe dit gebeur het. Pas jouself op en stadig met die opstaanslag, hoor. πŸ˜‰

    Like

  11. Francois,jy mis die punt.Ek kan miljoene wreedhede uitlig wat deur Afrikane aan Afrikane gedoen is en steeds word.Ruanda is maar ‘n enkele voorbeeld.Jy weet dit,maar jou blog waar jy witmense uik@k,is jou “trademark” en basta nou verder met jou.Dit raak vervelig en ongelukkig kry jy altyd reaksie.Ek probeer dit ignoreer en die Francois agter die simpel Fransie sien,maar soms raak my gal net te dik.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s