Ons mede aardbewoners voer ‘n stryd om bestaan en ek wonder of mense aldag bewus is van ons selfsugtigheid,wat uiteindelik ons mede bewoners en ons eie toekoms gaan vernietig.Gelukkig is daar nog plekke op Moederaarde se uitgemergelde lyf,waar hierdie spesies “ongehinderd” kan voortbestaan.
Dit bly egter ‘n stryd om oorlewing,want elkeen is deel van die voedselketting en moet heeltyd waak teen bekruipende vyande.Hierdie stryd word só opsigtelik,wanneer ‘n mens in die Kgalagadi is en die naaktheid van die natuur met al sy wreedheid,helder kan ervaar!
Merie Meerkat staan al vroegdag op sy miershoop op die uitkyk vir roofdiere en
ander smulpape.
Gevaar uit die lug is natuurlik ook moontlik en knapie is voltyds paraat!

Grondjie Grondeekhoring,met sy skerp kloutjies,moet ook gedurig wonder oor
nare reptiele en geveerde gevare van bo!

Valie Vaalboskat lek sy lippe af vir ‘n eekhoring- en reptielhappie,maar moet ook
sy agterhoede dek teen die gevaarlike groter katspesies.Sy bestaan word bedreig
deur verbastering met die gewone huiskat en op baie plekke in Suid-Afrika,is
suiwer vaalboskatte iets van die verlede.

Met so ‘n besoek aan die natuur,word mens weer bewus van jou eie nietigheid!
Like this:
Like Loading...