Besondere reisgenoot

Met my onlangse terugkeer van die Kgalagadi,pak ek toe mos my goedjies uit.Ek het so ‘n groterige toiletware tassie en toe ek nou die laaste ding uitlig,sluk ek amper my krone in van skrik.Hierdie kalant het omtrent duisend kilometer saam met my gereis.Ek was vinnig by met die kamera en met ‘n amper pap battery,kon ek darem sy grieselrige lyfie vaslê op my laaste foto.Terwyl ek vinnig batterye omruil,verdwyn ta soos ‘n groot speld!Hy is iewers in my kamer!

Gelukkig is dit nie ‘n gevaarlike spinnekop nie en is spinnekoppe my gunsteling inwoners in ons huis.(Ek vertel dit net nie vir almal nie,anders sal ek nooit kuiergaste kry nie!)Dis ‘n muurkrapspinnekop,ook bekend as ‘n “flattie”,omdat hy so plat teen die mure sit.

Iets meer oor my reisgenoot:

Latynse naam:Anypops,Selenops

Leefwyse:vry bewegend en grondlewend.

Habitat:beboude gebiede,op en onder boombas,op rotse en in skeure.

Grootte:Groot tot baie groot.15 tot 30mm.

Gif:Skadeloos.

26 Replies to “Besondere reisgenoot”

  1. arachnofobia is my middelnaam, die plat spinnekoppe het ek gewoond geraak en hulle kan ek hanteer maar die wat hulle reenspinnekop roep, gee my die kreeps

    Like

  2. Ah, as ek skielik op hom afkom, wip ek hemelhoog. Maar ek los hulle ook maar dat hulle in die huis rondbeweeg as hulle hulle mooi gedra. (So een tot drie elke maand in die somer. Nie hierdie soort nie, reenspinnekoppe en rooi romane.)

    Like

  3. Hierdie outjies is eintlik skadeloos en doen goeie werk om die ander ongediertes soos vlieë, kakkerlakke en vismotte in jou huis te tem.Die gevaarlikes is viool- en sakspinnekoppe.Liederlike gif wat die weefsel aanval.Ook swart knopiespinnekop,wat senuweestelsel aanval.

    Like

  4. Mense besef nie hoe waardevol spinnekoppe is nie.Ek wil darem net nie die giftiges in my huis hê nie en gooi hulle gereeld uit.Ek sit ‘n glas bo-oor en skuif dan ‘n papier onderdeur die glas,dop dit om,en dan is die knapie oppad buite toe,ver van my kamer af!

    Like

  5. Die oulikste is my vrou se reaksie wanneer jy die ou vel op die toiletrol inrol en sy rol dit af, dan lyk dit of die gedierte op haar hand afstorm.

    Cool, priceless.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +