Slim Diertjie

Terwyl ek die middag lekker op ons stoepie sit in Nossobkamp,hoor ek ‘n vreeslike geraas van iets wat skeur.Ek dag eers dis die buurman wat sy vuur al vroegaand aanpak.By nadere ondersoek sien ek die klein kalant wat vir al die lawaai verantwoordelik is.

Hy het buurman se Charcoalsak oopgeskeur en is besig om dit stelselmatig in sy mond te prop.Vir ‘n goeie halfuur hou ek hom dop en sien dat hy elke keer met mondevol papier iewers heen verdwyn. Ek volg hom en sien toe, dis eitlik ‘n haar, want sy verdwyn elke keer in ‘n gat, bly ‘n rukkie weg en kom dan weer uit vir die volgende sarsie papiermaaltyd!Die papier word natuurlik gebruik om die nes uit te voer.Wat ‘n slim dingetjie!

Die gedoente het die hele middag aangehou en buurman se sak kole was naderhand net kole!

Diere is baie aanpasbaar en hierdie grondeekhoring is weereens ‘n bewys daarvan.

Advertisements

30 thoughts on “Slim Diertjie”

  1. Daardie hele sak was naderhand onder die grond.Die buurman kon nie verstaan wat gebeur het nie,totdat ek vir hom die foto’s gewys het.Ons het lekker gelag.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s