Pragtige Gebaar.

Vanoggend is ek teen my beterwete bank toe..het skoon vergeet dis amper die einde van die maand!Terwyl ek daar sit en wag om ‘n konsultant te sien,ryg die mense in op die verspotte moderne stoele van die “nuwe gerbruikersvriendelike” konsultasie-afdeling in my plaaslike bank.

Party stoele het rugleunings,ander is net sulke poefs wat soos blokkies langs mekaar staan en dan is daar langderm bankies sonder rugleunings.Alles natuurlik in helder kleure,maar o,so onprakties! As jy op ‘n poef sit, sit jy letterlik bo-op die ou langs jou.Op die dermbankies spook die swanger vrou langs my,om asem te kry,want sonder ‘n rugleuning,druk haar magie ongemaklik teen haar kleintongetjie en spook haar platgedrukte longe om vars lug te kry! Een of ander oorywerige ontwerper moet beslis ‘n skop op sy jis kry oor hierdie verspotte sitgoed!

Ek val nou eintlik myself in die rede en wou nie kla oor sulke nietighede nie..net ‘n waarneming gewees!Sommige mense neem mos maar ‘n Kaapse draai met baie vertakkinge voordat hulle by die storie uitkom.

Nietemin, by een van die konsultante sit ‘n vrou seker al ‘n halfuur op die bankfoon met iemand en praat..duidelik besig om haar gestorwe ma se sake te probeer uitsorteer.Ek kon nie die gesprek hoor nie,maar skielik sê sy moedeloos en kliphard:”My mother is dead, can’t you understand?”Sy plak toe sommer ook die foon neer en bars in trane uit.Ek het onmiddelik verstaan,dat dit weer ‘n burokratiese riekmeroul is waardeur die arme dame moes ploeter.Gelukkig was die konsultant baie simpatiek en het self die foon geneem en probeer uitpluis wat aangaan.

Die mooiste van die hele ding was,dat ‘n wildvreemde vrou, vanuit die wagtende skare op die moderne poefbankies,opgestaan het en ‘n handvol tissues in die snikkende vrou se hande geprop en vir haar ‘n drukkie gegee het!

Dankie aan hierdie naamlose samaritaan,jou daad het nie ongesiens verby gegaan nie!

Advertisements

24 thoughts on “Pragtige Gebaar.”

  1. Goeie mense vergoed vir harde bankies in sulke plekke. Ek haat wagplekke, want ‘n mens kry altyd die een of ander griep daar as jy lank genoeg sit.

    Like

  2. nie net het sy die tissues gekry nie, al het sy dit nie besef nie glo ek daar was etlikes wat ook medelye vir haar situasie gehad het

    Like

  3. Ja,dis strate beter as om te staan of in een van die staatsdiensplekke op daai vuil stoele van stoel tot stoel te skuif!Was net vir my vreemd ontwerpte goed,wat eintlik onprakties is.

    Like

  4. Iets anders wat my verslae laat:So baie mense wat wag om gediens te word, maar diΓ© wat ‘n oop telefoonlyn kry, kry eerste diens.HA!Pragtige, menslike storie wat weer moed gee.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s