Pragtige Gebaar.

Vanoggend is ek teen my beterwete bank toe..het skoon vergeet dis amper die einde van die maand!Terwyl ek daar sit en wag om ‘n konsultant te sien,ryg die mense in op die verspotte moderne stoele van die “nuwe gerbruikersvriendelike” konsultasie-afdeling in my plaaslike bank.

Party stoele het rugleunings,ander is net sulke poefs wat soos blokkies langs mekaar staan en dan is daar langderm bankies sonder rugleunings.Alles natuurlik in helder kleure,maar o,so onprakties! As jy op ‘n poef sit, sit jy letterlik bo-op die ou langs jou.Op die dermbankies spook die swanger vrou langs my,om asem te kry,want sonder ‘n rugleuning,druk haar magie ongemaklik teen haar kleintongetjie en spook haar platgedrukte longe om vars lug te kry! Een of ander oorywerige ontwerper moet beslis ‘n skop op sy jis kry oor hierdie verspotte sitgoed!

Ek val nou eintlik myself in die rede en wou nie kla oor sulke nietighede nie..net ‘n waarneming gewees!Sommige mense neem mos maar ‘n Kaapse draai met baie vertakkinge voordat hulle by die storie uitkom.

Nietemin, by een van die konsultante sit ‘n vrou seker al ‘n halfuur op die bankfoon met iemand en praat..duidelik besig om haar gestorwe ma se sake te probeer uitsorteer.Ek kon nie die gesprek hoor nie,maar skielik sê sy moedeloos en kliphard:”My mother is dead, can’t you understand?”Sy plak toe sommer ook die foon neer en bars in trane uit.Ek het onmiddelik verstaan,dat dit weer ‘n burokratiese riekmeroul is waardeur die arme dame moes ploeter.Gelukkig was die konsultant baie simpatiek en het self die foon geneem en probeer uitpluis wat aangaan.

Die mooiste van die hele ding was,dat ‘n wildvreemde vrou, vanuit die wagtende skare op die moderne poefbankies,opgestaan het en ‘n handvol tissues in die snikkende vrou se hande geprop en vir haar ‘n drukkie gegee het!

Dankie aan hierdie naamlose samaritaan,jou daad het nie ongesiens verby gegaan nie!

24 Replies to “Pragtige Gebaar.”

  1. Goeie mense vergoed vir harde bankies in sulke plekke. Ek haat wagplekke, want ‘n mens kry altyd die een of ander griep daar as jy lank genoeg sit.

    Like

  2. Die vrou aan my anderkant het juis so ‘n vieslike roggelende,slymerige hoesie gehad.Hoop nie ek het kieme opgetel nie.

    Like

  3. nie net het sy die tissues gekry nie, al het sy dit nie besef nie glo ek daar was etlikes wat ook medelye vir haar situasie gehad het

    Like

  4. Ja,ek dink mens sal verbaas wees hoeveel liefde en omgee nog steeds in die wĂªreld is,ten spyte van al die slegte goed.

    Like

  5. Ja,dis strate beter as om te staan of in een van die staatsdiensplekke op daai vuil stoele van stoel tot stoel te skuif!Was net vir my vreemd ontwerpte goed,wat eintlik onprakties is.

    Like

  6. Iets anders wat my verslae laat:So baie mense wat wag om gediens te word, maar diĂ© wat ‘n oop telefoonlyn kry, kry eerste diens.HA!Pragtige, menslike storie wat weer moed gee.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĂªreld, vir die wĂªreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĂª:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +