Sien dit nie aldag nie

Die geheimsinnige Strandjut, ook bekend as die Bruinhiëna(Hyaena brunnea),is voorwaar ‘n kalant wat ‘n mens moeilik te siene kry!Vroeër was hierdie skimagtige dier wyd versprei deur Suider-Afrika,maar deesdae word hy net af en toe suid van die Oranjerivier gesien.Hy kom die dikwelste voor in die Kalahari wat strek tot deur Botswana en die Noordelike dele van Namibië.Verder strek sy gebied langs die hele kuslyn van Namibië af,waar sy voedsel meestal dooie robbe en aas is.Hy leef ook van klein werweldiere,insekte en vrugte.Hulle is ook hoofsaaklik naglewend,maar kom wel bedags tevoorskyn. 

Hierdie een se hare het skielik begin rys en hy het met ‘n spoed weggetrek.

Ons het hom toe in die pad gekry waar hy ‘n ander hiëna getakel het.

Die spelery het ‘n hele ruk aangehou en nie na agressie gelyk nie.

Nog steeds aan’t snuif en knibbel.Dalk wou hulle paar.

Knaag,byt en rondwoel..

Besondere diere,wat ‘n mens amper laat dink aan wolwe.

Advertisements

29 thoughts on “Sien dit nie aldag nie”

  1. Wie ek? Ek doen nog maar die hele tyd, maar ek plaas niks meer op Litnet nie. Dit sukkel maar so met tye, maar dan vloei dit weer lekker.xxxx

    Like

  2. Dis nou ‘n besonderse ondervinding. Ek het nog net ‘n gewone hiรซnawyfie met haar welpie bedags in die Wildtuin gesien en dit was al klaar vir my iets besonders. Jy is gelukkig om op die regte tyd daar te wees. Dankie vir die foto’s.

    Like

  3. Mens kan hulle nie sien in die gras nie..so goed gekamoefleer.Die pote smelt sommer so saam met die gras.Dankie vir inloer.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s