Volstruisie met jou lange nek…

Wie onthou nog die gediggie?

Vostruisie met jou lange nek

Kan jy hom nog langer rek?

Kan jy hom nog langer maak,

Dat hy aan die dak kan raak?

Volstruise bly maar vir my vreemde goed.Hulle is so oer.Die eienaardige drietoon-pote

lyk soos iets uit die Dinosauriër-tydperk.

Hierdie juffertjie het teen sonlig in,ogies gemaak vir die aandoenlikste mannetjie!

Haar bekkie val skoon oop van verwondering, toe die kalant sy hofmaakriel

voor haar dans!

Wie kan sulke pronkerige passies weerstaan?Kyk daardie lieflike gespierde dye

en die pragtige veredos op sy vlerke en stert!

34 Replies to “Volstruisie met jou lange nek…”

  1. Kyk dan tog ‘n bietjie daarof jy nie dalk my bal gewaar.Ek het hom netnou daar verloorKyk tog mooi, Volstuisie, hoor!Lieflike foto’s!

    Like

  2. Ek verstaan so,maar die volstruispote lyk heel anders as ander voëls s’n.Miskien kan Neander meer lig werp hierop.

    Like

  3. Agterstevoorspulletjie!Eintlik is die wyfievoëls baas,want die mannetjies moet allerhande pluime rondswaai,trieks uithaal en verkleur,om die dames se aandag te trek!

    Like

  4. As ek reg gehoor/gelees het, is daardie “dye” eintlik volstruis se kuite. Die agterstevoor kniknop is in werklikheid die hakskeen en dus is die deel daaronder nie die onderbeen nie, maar die voetbeen! Die kniekop is dus bo tussen die vere, en dan eers die boudjie! Julle moet, wanneer julle weer KKNK toe kom, by die CP Nel-Museum inloer; hulle het ‘n pragtige volstruisuitstalling.Terloops, volstruise steek nie hulle koppe in die sand weg as hulle gevaar sien ie, so onnosel is hulle darem nie om hul neusgate onder die sand in te steek nie!

    Like

  5. Dis interessant en dit maak baie sin.Dus sal mens eers al die vere moet wegneem om die dye en heup te sien!Regtig ‘n vreemde wese!Ja,van die kop in die sand steek, het ek ook al gehoor dat dit nonsens is!As jy sien hoe agressief hulle is,dink ek daar is min dinge wat sulke gedrag by ‘n volstruis sal meebring.Ek wonder wie het met die twakstorie begin?

    Like

  6. Natuurlik is volstruis vleis ook baie gesond en heerlik om te eet.Moet netnie die fout maak om een te koop en nie dadelik te slag nie…dan gee vroulief dit ‘n naam en wil nie saam eet nie. Tot sy mooi vel is nou nognie in die onderbaadjie verander nie….

    Like

  7. Troeteldiere bly in jou huis of by jou huis….dus was dit nie ‘n troeteldier nie…hoe de hel troetel jy nou ‘n volstruis in elkgeval ha ha ha.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +