Die een se dood is die ander se brood (waarskuwing:grillerig!)

Op ons onlangse besoek aan die Chobe Wildreservaat in Botswana, het ons op hierdie gru-toneel afgekom!Die seekoei is blykbaar dood in ‘n geveg en het hier alreeds drie dae gelê en sag word,sodat ‘n massa hongerige krokodille deur sy vel kon begin byt.Hy was al goed opgeblaas en die desperate hongeriges het heeltyd om hom geswem en probeer knaag aan die ongelukkige dier.

Ek is seker dat as hy eers oopgemaak is, sal ‘n getrekte vuurhoutjie daar naby,’n hengse gasontploffing veroorsaak!

Hier kan mens duidelik die interessante viertonige poot sien,wat sulke netjiese

blaarvormige spore maak.

Hierdie ou skeurtand is vreeslik honger,maar sukkel om die dik vel stukkend te byt!

Hy wend nog ‘n poging aan,want die kompetisie is straf!Die water wemel van

die grillerige oerdiere!

Advertisements

19 thoughts on “Die een se dood is die ander se brood (waarskuwing:grillerig!)”

  1. Dankie tog vir die grilleriges wat kom eet, want anders sou dit darem maar verskriklik begin stink het. Die arme seekoei – dat hy nou so onwaardig poot in die lug moet doodgaan. Jou foto’s is baie goed en regtig so interessant, Perdebytjie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s