Begrafnisondernemer en die likkewaan.

‘n Maraboe is loshande die lelikste gevoëlte op aarde!Net sy mamma kan hom liefhê en seker ook nie vir té lank nie. Met sy kale kop en yle, donsige  krulletjies,lyk hy meer soos iets uit die buitenste ruimte. Gewoonlik is sy bek ook bevlek met die vrot sappe van morsige eetgoed.Hy is ‘n aserige geveerde,wat dikwels by ashope en slagpale sy etes afsluk.Hy eet darem ook meer smaaklike etes soos groot insekte, vis, reptiele en voëls tot so groot soos flaminke.Wees dus in jou pasoppens vir hierdie lelike ooievaar.Ek glo nie hy is die babetjie-bring-soort nie!

Met sy swart manelpak en waardige houding,lyk hy net soos ‘n begrafnisondernemer en oor hy dikwels op plekke van die dood rondhang,is dit ‘n gepaste vergelyking.As hy egter sy vlerke oopsprei en die winde onder sy wieke vang, is hy die toonbeeld van elegansie en grasie,voorwaar pragtig in vlug!

Hier was hy en ‘n likkewaan slaags oor ‘n stuk aas.Met likkewaan se dikke stert wat klap-klap in sy rigting,het Maraboe maar lugtig sy kans afgewag vir ‘n smullige happie!

Advertisements

12 thoughts on “Begrafnisondernemer en die likkewaan.”

  1. jou dier en natuur fotos van Namibie en Botswana sal my altd bybly. ook bv die een tyd terug oor die kar-wrakke het my baie laat dink aan daai wereld en sy verlede/legendes/werklikhede. dankie vir die tyd van geniet.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s