Effense ontnugtering

Vandag het ons met die Gautrein Sandton toe gery,heerlik daar geëet,weer die trein gehaal,hierdie keer Pretoria toe.Dit was vir my op ‘n manier ‘n baie emosionele trippie.Dit was glad nie so bedoel nie,maar dit het net gebeur.Vir manlief was dit ook erg,want hy het presies ‘n jaar gelede vir Skoonpa op dieselfde roete geneem.Min het hy geweet dis die laaste ding wat hulle saam sou doen.

Baie emosies het deur ons harte gemaal.Vir hom was dit die deurdring van die werklikheid van sy verlies en vir my was dit ‘n warboel van indrukke van verandering.Ek het groot geword in Lyttelton.Destyds was dit ‘n vierkantige dorpie met drie kerke,vier skole en twee stasies.

Al loop die Gautrein nie langs dieselfde roete as die gewone trein nie,was dit skokkend om te sien hoeveel alles verander het.Dis gebou op gebou en ek het moeite gehad om ou bekende bakens te vind.Selfs al het ek nog in die laaste paar jaar gereeld Pretoria toe gery,was alles net vir my sooo vreemd.

Ons was albei op Tukkies en ons kinders het nie lank terug daar studeer nie. Dus kon ons die verandering van die studentewêreld vanaf ons tyd, tot hulle tyd, raaksien en gewoond raak daaraan.Toe ons egter vandag in Hatfield afklim,kon ons netsowel ‘n maanlanding gedoen het.Die splinternuwe stasie spoeg jou uit in ‘n Hatfield met ‘n vreemde atmosfeer.Ek kan nie sê dit is vuiler as gewoonlik nie, maar die nuwe geboue oral en die feit dat die koffiewinkel waar ons altyd saam met die studentekinders gekuier het, het ‘n metamorfose ondergaan en is nou ‘n tipiese gemorskoswinkel.Manne leun oor die reling waar die sypaadjiestoele staan en beskou die sokker op die tv binne in die kafee.Taxis toeter onophoudelik buite en ek en manlief het so vreemd gevoel.Alles was net anders.Dit was asof ons voete onder ons uitgepluk is.

Dis seker hoe ‘n voël voel,wat altyd in dieselfde boom gaan sit en op ‘n dag is die boom afgekap.Ons drink toe maar ietsie en haal die trein terug huis toe.Die atmosfeer in die trein was heerlik Daar was massas mense van alle kleure en gemoedelikheid was die wagwoord.

Dis so hartseer,dat politiek altyd ‘n wig tussen ons indruk.Op hierdie trein was almal net ..MENSE!

Advertisements

21 thoughts on “Effense ontnugtering”

  1. Ja, Tukkies en omgewing het ongelooflik baie verander. Dis soos om in ‘n nuwe stad te wees… nie lekker nie, maar deel van die lewe. Ongelukkig.

    Like

  2. Ek behoort so voo einde volgende maand in Joeburg te arriveer…dalk dan die trein doen…weetie hoeveel stasies is daar oppad Joeburg toe nie…

    Like

  3. So gaan dit met meeste plekke deesdae.Daaris mos nie ‘n kultuur van bewaring in SA nie.Ou statige geboue en huise moet in die stof byt vir moderne monsters en parkering!

    Like

  4. As jy die slaap uit jou benewelde ogies gevee het, Francoistjie, dan lees jy weer: die VERANDERING is nie lekker nie. ‘n Mens wil ‘n PLEK graag hou soos wat jy dit onthou, maar ongelukkig is dit nie moontlik nie. ‘n Verdere notatjie – as jou lewe om rassisme en rassistiese verwysings gaan, is dit nie noodwendig so vir die res van die wereld nie. Get over yourself en kyk bietjie hoe dinge dan anders sal lyk.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s