Effense ontnugtering

Vandag het ons met die Gautrein Sandton toe gery,heerlik daar geëet,weer die trein gehaal,hierdie keer Pretoria toe.Dit was vir my op ‘n manier ‘n baie emosionele trippie.Dit was glad nie so bedoel nie,maar dit het net gebeur.Vir manlief was dit ook erg,want hy het presies ‘n jaar gelede vir Skoonpa op dieselfde roete geneem.Min het hy geweet dis die laaste ding wat hulle saam sou doen.

Baie emosies het deur ons harte gemaal.Vir hom was dit die deurdring van die werklikheid van sy verlies en vir my was dit ‘n warboel van indrukke van verandering.Ek het groot geword in Lyttelton.Destyds was dit ‘n vierkantige dorpie met drie kerke,vier skole en twee stasies.

Al loop die Gautrein nie langs dieselfde roete as die gewone trein nie,was dit skokkend om te sien hoeveel alles verander het.Dis gebou op gebou en ek het moeite gehad om ou bekende bakens te vind.Selfs al het ek nog in die laaste paar jaar gereeld Pretoria toe gery,was alles net vir my sooo vreemd.

Ons was albei op Tukkies en ons kinders het nie lank terug daar studeer nie. Dus kon ons die verandering van die studentewêreld vanaf ons tyd, tot hulle tyd, raaksien en gewoond raak daaraan.Toe ons egter vandag in Hatfield afklim,kon ons netsowel ‘n maanlanding gedoen het.Die splinternuwe stasie spoeg jou uit in ‘n Hatfield met ‘n vreemde atmosfeer.Ek kan nie sê dit is vuiler as gewoonlik nie, maar die nuwe geboue oral en die feit dat die koffiewinkel waar ons altyd saam met die studentekinders gekuier het, het ‘n metamorfose ondergaan en is nou ‘n tipiese gemorskoswinkel.Manne leun oor die reling waar die sypaadjiestoele staan en beskou die sokker op die tv binne in die kafee.Taxis toeter onophoudelik buite en ek en manlief het so vreemd gevoel.Alles was net anders.Dit was asof ons voete onder ons uitgepluk is.

Dis seker hoe ‘n voël voel,wat altyd in dieselfde boom gaan sit en op ‘n dag is die boom afgekap.Ons drink toe maar ietsie en haal die trein terug huis toe.Die atmosfeer in die trein was heerlik Daar was massas mense van alle kleure en gemoedelikheid was die wagwoord.

Dis so hartseer,dat politiek altyd ‘n wig tussen ons indruk.Op hierdie trein was almal net ..MENSE!

21 Replies to “Effense ontnugtering”

  1. Dinge verander..en ons staan hande afgekap en verlang… jy is reg …op die ou end is ons almal net mense wat elke dag die son sien opkom.

    Like

  2. Ja, Tukkies en omgewing het ongelooflik baie verander. Dis soos om in ‘n nuwe stad te wees… nie lekker nie, maar deel van die lewe. Ongelukkig.

    Like

  3. Ek behoort so voo einde volgende maand in Joeburg te arriveer…dalk dan die trein doen…weetie hoeveel stasies is daar oppad Joeburg toe nie…

    Like

  4. So gaan dit met meeste plekke deesdae.Daaris mos nie ‘n kultuur van bewaring in SA nie.Ou statige geboue en huise moet in die stof byt vir moderne monsters en parkering!

    Like

  5. Dis darem soos ‘n tipe kopskoonmaak.Die emosies was net so onverwags.Gewoonlik is ek baie nugter,maar die keer het iets net gebeur.

    Like

  6. As jy die slaap uit jou benewelde ogies gevee het, Francoistjie, dan lees jy weer: die VERANDERING is nie lekker nie. ‘n Mens wil ‘n PLEK graag hou soos wat jy dit onthou, maar ongelukkig is dit nie moontlik nie. ‘n Verdere notatjie – as jou lewe om rassisme en rassistiese verwysings gaan, is dit nie noodwendig so vir die res van die wereld nie. Get over yourself en kyk bietjie hoe dinge dan anders sal lyk.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +